Die sosialemediaplatform Instagram het die 10 bekendes met die meeste volgelinge vir 2017 bekend gemaak.
Die Amerikaanse popster Selena Gomez, wat ook spog met vier foto’s van die 10 wat die meeste kere van gehou is, is nommer een met 130 miljoen volgelinge.
Die Portugese sokkerspeler Cristiano Ronaldo spog met die tweede plek met 116 miljoen volgelinge en die Amerikaanse sangeres Ariana Grande beklee die derde posisie met 115 miljoen volgelinge.
Die Amerikaanse sangeresse Beyoncé en Taylor Swift is onderskeidelik in die vierde en sesde plek met 108 miljoen en 104 miljoen volgelinge.
Kris Jenner se kroos maak ook ’n draai op die top-10 met Kim Kardashian in die vyfde plek met 104 miljoen volgelinge, Kylie Jenner in die sewende plek met 99,5 miljoen volgelinge en Kendall Jenner in die 10de posisie met 84,4 miljoen volgelinge.
Die aksiefliek-akteur en rofstoeier Dwayne “The Rock” Johnson is in die agtste plek met 96 miljoen volgelinge en die sanger Justin Bieber is in die negende posisie met 93,9 miljoen volgelinge.
Die hutsmerke wat in 2017 die gewildste was, is ook bekend gemaak:
#photography
#travelphotography
#memes
#summer2017
#naturephotography
#meme
#travel
#fitnessmotivation
#bts
#photographer
“Having a lot of followers on Instagram is like being rich in monopoly money”