Die beste maatskappy om jou slimfoon-app te bou

(Foto verskaf deur Codehesion)

Codehesion is Suid-Afrika se top- Android- en iOS-ontwikkelaar en het reeds talle maatskappye gehelp om wêreldgehalte slimfoon-apps te bou.

In ʼn wêreld wat vinnig verander weens die Covid-19-pandemie, is talle maatskappye op soek na nuwe maniere om die verhouding met hul kliënte te verbeter, verkope te laat toeneem en personeelproduktiwiteit te verhoog.

Reëls wat die beweging van mense beperk plaas ook druk op ondernemings om aanlyn met kliënte en personeellede kontak te maak. Tensy ʼn maatskappy sy eie app op ʼn kliënt se slimfoon het, kan hulle mededingers ʼn hupstoot kry. Dit is hoekom talle ondernemings nou belê in nuwe slimfoontoepassings, of hul bestaande apps verbeter, sodat hulle relevant kan bly.

Dit is egter nie net verbruiker-tipe apps wat die manier verander hoe mense sake doen nie. Talle maatskappye het interne maatskappy-apps ontwikkel om hul bedryfsdoeltreffendheid te verbeter en personeel se produktiwiteit te verhoog. Dit is veral belangrik in die huidige omgewing waar afstandswerk die norm geword het.

Interne maatskappy-apps bied ook veilige kommunikasie, kan maatskappy-kennisgewings uitstuur, take kan volgens ligging gevolg word en take kan geoutomatiseer word.

Kry ʼn slimfoon-app vir jou maatskappy

Codehesion sorg vir alles wanneer hulle ʼn nuwe slimfoon-app aan ʼn maatskappy verskaf, insluitend die beplanning, ontwerp, bou en bekendstelling.

Codehesion doen alles vir ʼn maatskappy: die strategie rondom die app, advies oor watter funksionaliteit ingesluit moet word, om die app te bou en seker te maak dit verskyn op die App Store en Play Store.

Hector Beyers, uitvoerende hoof van Codehesion, het gesê hul ervaring help hulle ook om kliënte te lei en te bepaal watter app die beste vir die betrokke maatskappy sal wees.

Codehesion bied aan Suid-Afrikaanse ondernemings ʼn gratis en maklike konsultasieproses. Beyers moedig maatskappye, wat op soek is na ʼn Android- of iOS-app, om met hulle kontak te maak deur hul webwerf.

Klik hier om Codehesion te kontak vir ʼn risikovrye konsultasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.