Die gevare van Pokémon Go

Pokémon Go

Pokémon Go

Die werklikheidspeletjie Pokémon Go, wat geskoei is op die bekende Japanse karakters uit die 1990’s, het reeds meer gebruikers as die afspraakwebwerf Tinder, maar kenners waarsku dié speletjie hou moontlik ook groot gevare in vir gebruikers.

Maroela Media het vroeër berig Pokémon Go, deur Nintendo, is tans nog slegs amptelik beskikbaar in Australië, Nieu-Seeland en die VSA, maar is reeds op die punt om Twitter verby te steek wat daaglikse aktiewe gebruikers op Android betref.

Pokémon Go gebruik jou foon se GPS en horlosie om vas te stel waar en hoe laat jy jou in die speletjie bevind. Pokémon “verskyn” rondom jou (op die skerm van jou foon) sodat jy hom kan vang. Namate jy rondbeweeg verskyn meer gedaantes van Pokémon, afhangend waar jy is en hoe laat dit is. Die gedagte is dat jy jou (werklike) omgewing moet verken om Pokémon te kan vastrek. Dié kombinasie van speletjie en werklikheid staan bekend as aangehelpte werklikheid (augmented reality).

Foto: screenrant.com

Foto: screenrant.com

BBC het verlede week berig ʼn 19-jarige vrou van Riverton in die Amerikaanse deelstaat Wyoming het tydens haar soektog na Pokémon op ʼn lyk afgekom. “Sy was op soek na ʼn Pokémon in ʼn bebosde gebied naby ʼn rivier in die omgewing toe sy op die lyk van ʼn man, wat gedeeltelik onder water gelê het, afgekom het. Die polisie is ontbied, en die saak word steeds ondersoek,” het BBC berig.

Volgens die webwerf Metro is verskeie beserings ook al by die nooddienste in Australië en die VSA aangemeld. “Een man het sy voet gebreek omdat hy nie gekyk het waar hy loop nie. Gebruikers het ook al arms, bene, voete en elmboë gebreek.”

Die webwerf Daily Mail het Maandagoggend berig bewerings doen die ronde dat dié app ook
“die gevaarlikste speletjie op die mark” kan wees. “Daar is groot kommer dat die speletjie baie moeilikheid kan veroorsaak. Pedofiele kan dit byvoorbeeld baie maklik gebruik om afgeleide en onskuldige kinders te lok met die sogenaamde beloningselement van ʼn Pokémon.”

ʼn Gebruiker, net bekend as Robin, het ook aan Daily Mail vertel ʼn “eksperiment”, waar sy ʼn Pokémon op ʼn spesifieke plek geplaas het, het haar vrese bevestig nadat baie kinders sonder toesig naby haar huis opgedaag het. “Ek kan nie help om te dink dat mense die speletjie vir afstootlike redes kan gebruik nie,” het Robin vertel.

Die webwerf Game Rant het gebruikers ook gewaarsku om deurgaans hul omgewing dop te hou. “Gebruikers moet konstant die selfoonskerm dophou om te sien of hulle naby ʼn Pokémon is, wat beteken hulle kyk nie noukeurig waar hulle loop nie.”

Foto: screenrant.com

Foto: screenrant.com

Game Rant het gebruikers ook ten sterkste afgeraai om die speletjie te gebruik wanneer jy bestuur of in gevaarlike areas is. Talle polisiestasies het reeds waarskuwings uitgereik oor hoe onnosel en gevaarlik dit is om die speletjie oop te maak terwyl jy bestuur. ʼn Noodlottige ongeluk kan gebeur in die oomblik wat jou aandag afgetrek is.

Screen Rant het intussen ook gewaarsku dat gebruikers in gedagte moet hou dit is steeds onwettig om onregmatige toegang tot ʼn plek te verkry om sodoende ʼn Pokémon te vang. Die webwerf het gesê hoewel minder ernstig, het verskeie gebruikers ook al selfoonvirusse opgedoen, waardevolle tyd van die polisie gemors en bekgevegte tussen getroudes veroorsaak.

Intussen het die radiostasie WJBD ook berig dat twee gebruikers van Pokémon Go ook ʼn bepalende rol gespeel het in die inhegtenisneming van Terence Laughhunn, ʼn misdadiger na wie daar al lank gesoek word ná ʼn rooftog by die Salem Walmart in die Amerikaanse deelstaat Pennsylvania. “Salem-werknemers was tydens hul etensuur op soek na ʼn Pokémon toe hulle gesien het hoe Laughhunn items onder ʼn heining deurdruk. Hy het ʼn kettingsaag en ander tuingereedskap gesteel. Hy is intussen in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

charlene ·

Kyk hoe lekker lag ek nou. wat gaan die mense nog aan dink. Eers het `n pokemon lewend geword en vir 2 of 3 seuntjies vertel om selfmoord te pleeg, toe is die goed die duiwel se kinders, of so iets. Nou is dit die speelietjie se skuld mense is absent minded – enige iets net die die skuld op hulle self dra nie. ek is in SA en het reeds die game en speel hom – en het nog niks begreuk nie maar mense met min tussen die ore moet mos maar altyd die blaam op iets of iemand anders plaas. Mense sien demone is games ens maar kan nie die demone is hulle self sien nie, of in ander mense. Dis `n game en dit gaan oor hoe jy as mens die game hanteer. Ek is nou op ete en lees bietjies nuus en speel bietjies game op my eie data waarvor ek my gat af werk – en as ek hier kla is gaan ek werk, en die game los…. Maklik nie rocket science nie. Mense moet net hulle peanut better gebruik.

Gamer 4 Life ·

Baie waar Charlene. Ek speel al vandat ek 7 jaar oud is….. Dit is my stok perdjie. Ek hang nie by “bars” uit,kom huis toe en slaan my vrou nie. Dan word daar neer gekyk op ons. Soos jy se ,mense moet die pitte tussen hulle ore gebruik en eerder die probleme by hulself soek as by ander mense. Haal eers die balk uit jou eie oog…..

Azuni ·

Ek geniet ook die speletjie. Ons het ‘n parkie naby waar ek bly. Ek sal so nou en dan daar rond loop om te sien wat ek daar kan vang. Darm is die parkie veilig.

Ek wonder hoe het daai een persoon ‘n Pokemon geplaas by sy erf. Die goed word ge-generate deur die server. Die enigste ding wat ek kan dink is dat die persoon ‘n lure op gesit het en dat haar huis dalk ‘n pokeshop was.

Die enigste probleem wat ek met die app het, is dat hy nog baie bugs het wat hulle nog moet op los.

Poplap ·

Een vrou loop toevallig in kameras in waar daar ‘n lyk is (wat net sowel kon gebeur het toe sy was goed gaan was het) en nou is dit skielik ‘n gehaat like game? Iemand kyk te veel TV want die presiese moontlike insident wat beskryf word was ook deel vd plot in onlangs TV reeks. Dis bietjie overkill

Dog maar net ·

mens moet baie dom wees om nie te kyk waar jy loop nie. Al speel jy die speeletjie. En enige gebruik van fone terwyl jy bestuur is gevaarlik. DUHH!! Al wat ek kan dink in ons wonderlike land. Die gevaar is dat jou foon uit jou hand gepluk kan word en geteel kan word terwyl jy jou volgende karakter soek…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.