Dié Johannesburgse aftree-oord bied opbrengste van tot 20% per jaar

Celebration Retirement Estate

Volgens die verhuringsdiens PayProp, wat die meerderheid van Suid-Afrika se residensiële verhuringstransaksies beheer en landswyd meer as 95 000 eiendomme se maandelikse huurinkomste prosesseer, is die huurders wat die beste betaal 50 jaar en ouer.

Dít, tesame met die groot vraag en beperkte aanbod, maak aftree-eiendomme een van die beste eiendomsbeleggingsopsies, veral omdat die risiko’s daaraan verbonde, gering is. Maar met slegs enkele aftree-ontwikkelings wat volle eienaarskap bied en beleggers van enige ouderdom toelaat om daarin te belê, is dit nie altyd maklik om so ʼn beleggingsjuweel op te spoor nie. Indien jy dus ʼn aftree-ontwikkeling raakloop waar enigeen van 18 jaar en ouer ʼn eenheid kan koop en aan huurders van 50 jaar en ouer verhuur, is dit een van die beste eiendomsbeleggings wat jy kan maak.

Gerrit Brandow, direkteur van Central Developments, wat spog met ‘n aftreeportefeulje van 11 ontwikkelings met meer as 4 600 eenhede, sê: “Daar is ‘n onversadigbare vraag na veilige aftree-eiendomme wat volle eienaarskap en verswakte versorgingsfasiliteite op die perseel en operasioneel vanaf die eerste fase, bied”. Verder meld hy: “Ons aftreelandgoedere bied dit alles, sowel as ‘n leefstylsentrum met verskeie geriewe soos ‘n restaurant, ontspanningsaal vir verskeie sosiale aktiwiteite, ʼn haar- en skoonheidsalon, spreekkamers, ʼn biblioteek en vele meer.

“Hierdie aftree-oorde word ook kundig bestuur, is pragtig afgewerk en beskik oor groen argitektuur, optiesevesel-internetkoppeling en die nuutste in sekuriteitstelsels. Dit alles maak ons produk die beste in die mark, wat lei tot ʼn groter vraag. As sulks is dit aantreklik vir beleggers, wat ‘n goeie opbrengs uit huurinkomste en bogemiddelde, volgehoue kapitaalgroei kry.”

Celebration Retirement Estate

Volgens syfers van PayProp betaal sowat 39% van huurders ouer as 50 jaar tussen R7 500 en R15 000 huur per maand. ʼn Ontwikkeling soos Celebration Aftreelandgoed, waar eenhede vanaf R810 000 te koop is en verhuring dus in hierdie prysklas val, bied beleggers ʼn opbrengs van tot 20% per jaar vanaf die eerste jaar.

Dit is van groot belang, aangesien die Suid-Afrikaanse eiendomsmark tans op ʼn jaar-tot-jaargrondslag teen ʼn nominale koers van 4% groei (inflasie uitgesluit). FNB se behuisings- en eiendomsektorstrateeg, John Loos, berig dat Johannesburg se eiendomsmark in die tweede kwartaal vanjaar teen ‘n nominale koers van 3,2% gegroei het (of teen -1,8% in reële terme).

“As ons hul bogemiddelde krediettellings, skuldvlakke en skuld-tot-inkomste-verhouding in ag neem, kan ons aflei dat die vyftig-plussers hul skuld beter bestuur as hul jonger eweknieë,” sê Johette Smuts, PayProp se hoof van data en analise. “Hulle betaal betyds, is minder afhanklik van korttermynlenings (slegte skuld) en het minder misstappe en vonnisse teen hul naam. Die tydperke waarin hulle vir meer as 90 dae agterstallig is op enige kredietrekening (huur uitgesluit) is ook langer. Sodanige wanbetalings kan ʼn vroeë waarskuwingsteken wees dat ʼn huurder finansiële probleme ondervind en in die toekoms nie hul huurverpligtinge, hetsy ten volle of gedeeltelik, sal kan nakom nie.”

Ernstige beleggers, hetsy beginners of diegene wat graag hul eiendomsportefeuljes wil diversifiseer, kan net daarby baat om in ‘n goed beplande en bestuurde aftree-ontwikkeling, soos Celebration Aftreelandgoed, in te koop. Weens die groot vraag en beperkte aanbod – duidelik uit die 100 eenhede wat in die eerste 14 dae na die bekendstelling verkoop is – herverkoop die eiendomme dan ook drie keer vinniger as enige ander residensiële eiendom.

Beleggers van enige ouderdom kan in Celebration Aftreelandgoed belê,” sê Gerrit Brandow. “Baie beleggers belê herhaaldelik by ons omdat hulle vertroue in ons ontwikkelings het en reeds die vrugte van hul vorige beleggings by ons pluk.”

7 Redes waarom Celebration Aftreelandgoed dié beleggingskeuse is:
1. Dit is ‘n nisproduk gerig op ‘n baie unieke mark waar ʼn hoë vraag en beperkte aanbod bestaan.
2. Ondersteuning met verhuring is vir nuwe eienaars beskikbaar.
3. Belê nou in ʼn eenheid en betrek dit wanneer jy gereed is vir aftrede.
4. Dit is ʼn eiendom met ʼn doel wat vir toekomstige generasies van nut kan wees.
5. Daar is bewese kapitaalgroei van tot 12% per jaar.
6. ’n Haalbare opbrengs op jou belegging van gemiddeld 12% tot selfs 20% per jaar.
7. Bekostigbare heffings.

Celebration het pas sy skoudorp met agt skouhuise, wat daagliks van 09:00 tot 17:00 besigtig kan word, geopen. Dit is definitief ʼn besoek werd!

Kontak www.retirenow.co.za of skakel 0861 73 84 73 vir verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.