Diewe steel outistiese seun se iPad en ‘stem’

Foto: 'n Skermskoot uit die video

Die Palmer-gesin . Foto: ‘n Skermskoot uit die video

ʼn Gesin van Kalifornië in die VSA het meer as net ʼn iPad verloor toe diewe by hul motor ingebreek het.

Joshua Palmer (6) is outisties en volgens sy ouers het hy die iPad gebruik om beter te kan kommunikeer. Joshua se pa het ongeveer 300 dollar (R4 200) vir ʼn app (toepassing) betaal wat sy seun help om deur middel van prentjies sinne te bou sodat hy beter by die huis en skool kan kommunikeer.

“Joshua se woordeskat bestaan uit 12 woorde en hierdie app het ontsaglik gehelp met sy kommunikasievermoë,” sê Joshua se pa.

Die Palmer-gesin sukkel soms vreeslik om Joshua te verstaan, en dinge is baie moeilik sonder die app.

“Dit is verskriklik as jy jou eie kind soms nie kan verstaan nie. Dit is hartverskeurend,” het Joshua se ma tydens ʼn onderhoud met ʼn Amerikaanse televisienetwerk gesê.

Ongelukkig het hulle nie net ʼn duur iPad en app verloor nie, maar moes boonop 100 dollar opdok vir die motor se gebreekte ruit. Die gesin sê dinge is nou moeilik aangesien hulle noodgedwonge volgens ʼn streng begroting leef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jerome de Villiers ·

Dit is nou hartseer dat iemand so iets sal doen, gelukkig kan die toepassing weer afgelaai word sodra hulle ‘n nuwe iPad het

Amerikaanse ·

Ons moet almal regoor die wereld nou begin om nie meer misdadigers te aanvaar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.