10 wenke vir treffende selfoonfoto’s

Die gebou op die horison is in die middelste derde van die rooster geplaas. Dit gee aan die foto 'n ongewone hoek. Foto: Adéle Changuion

Die gebou op die horison is in die middelste derde van die rooster geplaas. Dit gee aan die foto ‘n ongewone hoek. Foto: Adéle Changuion

Dit is altyd lekker om deur foto’s te blaai ná ʼn groot gebeurtenis of geleentheid. Dié foto’s, veral van groot geleenthede, is egter dikwels met ʼn effens duur kamera of deur ʼn professionele fotograaf geneem. Deesdae maak slimfone dit maklik om onvergeetlike foto’s te neem, al is jy ʼn groentjie. Volg dié tien eenvoudige wenke om onvergeetlike foto’s met jou selfoon te neem.

  1. Neem nader foto’s

Selfoonkameras het ʼn relatief wye velddiepte, wat beteken dat dit mooier foto’s neem hoe nader dit aan die onderwerp gebring word. As daar te veel ander elemente in die agtergrond van die foto is, beweeg nader met jou kamera om die raam te vul.

  1. Stabiliseer jou selfoon

In swakker lig is jou selfoon se sluiterspoed stadiger as normaalweg. Dit beteken dat jy ʼn oomblik langer het om ʼn beeld vas te vang. Hou jou selfoon met albei jou hande vas en jou arms tot dit in lyn is met jou skouers.

  1. Maak gebruik van meer hoeke

Moenie al jou foto’s uit gewone hoeke neem nie. Lê op die grond, neem foto’s van bo en onder en van die kant, of lê op jou maag om die bes moontlike hoek vir die foto op te spoor.

  1. Onthou fotografiereëls

Gebruik die sogenaamde “rule of thirds”. Wanneer jy ʼn foto wil neem, verbeel jou twee horisontale lyne en twee vertikale lyne wat die beeld in ʼn roosterblok skep. Laat die onderwerp wat jy wil afneem op een van die lyne kruis sodat dit in een van die derdes van die blok val.

  1. Neem in panorama

Hiervoor kan jy ʼn driepoot vir ʼn selfoon gebruik. Die meeste slimfone het ingeboude panorama-opsies. Dit stel jou in staat om wyer foto’s van die omgewing te neem.

  1. Plaas die onderwerp op die regte plek

Soms is dit beter wanneer die horison laer op die skerm is omdat dit ʼn meer dramatiese effek verleen. Moenie dit te hoog op die sogenaamde rooster plaas nie. Maak ook altyd seker daar is niks vreemde objekte agter die onderwerp nie.

  1. Slim agtergrond

ʼn Swart agtergrond absorbeer al die lig. Dit verseker ook dat daar geen lig of weerkaatsings op jou foto’s is nie.

  1. Vermy direkte sonlig

Die onderwerp sal koeler en beter belig wees as jy weg van direkte sonlig die foto neem. Bewolkte dae bied perfekte beligting vir baie goeie foto’s. As jy op ʼn sonnige dag moet foto’s neem, soek verkieslik goeie skaduwee.

  1. Neem vroegoggend en laatmiddag af

Die lig vir foto’s is die beste in die vroegoggend omdat sonlig goed verlig maar nie jou onderwerp met direkte en harde strale belig nie.

  1. Verstellings

Kies die hoogste en beste gehalte verstelling vir jou kamera. Die verstellings is nie altyd outomaties op die bes moontlike gehalte gestel nie.

Kyk na die galery onder vir voorbeelde.

Bron: National Geographic

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.