11 beginnersmaatskappye wat jy moet dophou

Argieffoto (Foto: rawpixel/Pixabay)

Suid-Afrika is bekend daarvoor dat jong maatskappye, geskep deur ywerige entrepreneurs, die vermoë het om die status quo te ontwrig. Talle beginnersmaatskappye het uiteindelik plaaslik en oor die wêreld heen huishoudelike name geword.

Hier is ʼn paar jong Suid-Afrikaanse maatskappye want tans ʼn merk maak in hul onderskeie bedrywe en begin bekend staan as die beste in hul veld:

1 SA Shares

SA Shares is ʼn opwindende nuwe platform vir eerstebeleggers of ervare beleggers wat graag in JSE-genoteerde aandele wil belê. Dis maklik om te gebruik en het ʼn skatkis vol inligting om ingeligte besluite te neem oor enige aandeel in Suid-Afrika.
Besoek SA Shares se webwerf

2 Paperjet

Hierdie Kaapstad gebaseerde beginnersmaatskappy het die aanlyn handtekeningbedryf in suidelike Afrika kom ontwrig. Nou kan jy enige vorm binne enkele sekondes in jou webblaaier invul met ʼn “drag & drop”-meganisme. Die gebruikersvriendelike veld-speur-fasiliteit wat deur Paperjet geskep is, maak dit baie maklik om enige eSigning-vorm in te vul, te onderteken en in te dien. Probeer die 30 dae-proeftydperk en ontdek waarom Paperjet só hoog aangeskryf word.
Besoek Paperjet se webwerf

3 Plastic Surgery

Plastic Surgery word beskryf as die TripAdvisor van die wêreld van kosmetiese chirurgie. Dit het ʼn groot verandering gebring in die manier hoe kliënte met kosmetiese chirurge kan kommunikeer en oudpasiënte se resensies en graderings met “voor en ná”-foto’s help jou om die regte besluit te maak.
Besoek Plastic Surgery se webwerf

4 Promovate

Met Promovate is dit nou net so maklik om promosiegeskenke te koop as om kitskos aanlyn te bestel. Dié dinamiese beginnersmaatskappy bied die ideale manier waarop individue en ondernemings aanlyn geskenke kan koop en dit sal binnekort nie meer nodig wees om dit in ʼn winkel te gaan koop nie. Promovate bied ook ʼn gratis grafieseontwerpdiens wat jou tyd en geld bespaar.
Besoek Promovate se webwerf

5 Interact

Interact doen marknavorsing en help maatskappye om die manier hoe hulle te werk gaan, te herdink. Interact kwantifiseer die klant en gebruiker se ervaring deur middel van ʼn gevorderde navorsingsontwerpformule en dit lei gevolglik tot werklike organisasieverandering en verhoog die waarde vir ondernemings en klante.
Besoek Interact se webwerf

6 Bustravel

Bustravel is ʼn vername toeroperateur vir toere na Ysland. Die maatskappy is internasionaal bekend vir sy Golden Circle-toere en word beskou as die enigste operateur wat van Suid-Afrika reis om die wonders van Ysland te ontdek. Die Bustravel- aanlyn besprekingsfasiliteit is gerieflik en maklik om te gebruik en die ondersteuningspan is ywerig om jou by te staan en baie behulpsaam as jy enige navrae het.
Besoek Bustravel se webwerf en Iceland Guided Tours

7 SEOPros

SEOPros is die voorloper in soekenjin-optimalisering (SEO)-maatskappye in suidelike Afrika. ʼn Span hoogs ervare SEO-kenners bestuur voorkant- en agterkantoptimalisering (“on-page” en “off page”) wat tot uitstekende rangorde-prestasie vir webwerwe lei. Die maatskappy bied ook ʼn opwindende nuwe aanlyn besprekingsplatform vir koerantadvertensies en professionele vaardigheid vir inhoudsbemarking en digitalebemarkingsdienste.
Besoek SEOPros se webwerf

8 PayDay Software Systems

PayDay Software Systems bied ʼn hoogs professionele diens vir die betaalstaat- en menslikehulpbronnebedryf. Gevorderde sagtewarestelsels wat kliëntgeoriënteerd en gebruikergedrewe is, is geskep om waarde toe te voeg tot enige onderneming, insluitend talle van die grootste maatskappye in Suid-Afrika.
Besoek PayDay Software Systems se webwerf

9 CONTRACTORFIND.co.za™

CONTRACTORFIND.co.za™ spaar jou tyd en geld deur jou met die moeisame proses te help om enkele of veelvoudige kwotasies te kry vir bouwerk, instandhouding en opknappingsprojekte vir residensiële, kommersiële en nywerheidsgeboue. Die aanlyn platform laat jou ook toe om die werk van die betrokke kontrakteur te gradeer en hersien wat betref prys, kwaliteit, toesig, kommunikasie en spoed. CONTRACTORFIND.co.za™ word beskou as die “Hippo”-platform vir eiendomseienaars en kontrakteurs.
Besoek CONTRACTORFIND.co.za™ se webwerf

10 SA Photographers

SA Photographers is die grootste aanlyn fotografie-soekplatform in suidelike Afrika. Die maatskappy het sy oog op die wêreldwye mark: om elke gerespekteerde fotograaf in die wêreld op sy webwerf te publiseer. Dit is soos Facebook vir fotograwe en bied aan klante en fotograwe die ideale plek om aanlyn dienste te bespreek en kontak te maak. SA Photographers bied ook ʼn eCommerce-fasiliteit waar foto’s aangekoop en verkoop kan word.
Besoek SA Photographers se webwerf

11 Business4sale

Businesses4Sale is ʼn vooraanstaande makelaarsmaatskappy en verbind mense wat graag ʼn maatskappy wil koop, met mense wat ʼn onderneming wil verkoop. Businesses4Sale het ongekende groei in ʼn versadigde mark beleef, grootliks weens sy koop/verkoop-platform wat gebruikersvriendelik is en die profiel van maatskappye wat te koop is wat ʼn groot verskeidenheid bied. Dit is die jongste en mees opwindende aanlyn makelaarsinstrument in Suid-Afrika.
Besoek Business4Sale se webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.