Aardklop nóg meer toeganklik met nuwe app

Foto: Google Play Store

Foto: Google Play Store

Aardklop het vanjaar, vir die eerste keer ooit in die geskiedenis van dié kunstefees, ʼn app bekendgestel wat verseker dat feesgangers, sonder die gesukkel van ʼn lomp program, geen produksie of program hoef mis te loop nie.

Cindy Purén, Aardklop se plaaslike koördineerder, sê die doel van dié app is om te verseker feesgangers het al die nodige inligting by hulle deur die eenvoudige druk van ʼn knoppie.

Benewens die eenvoud om vanjaar toegang tot die feesprogram te hê, kry feesgangers op die terrein daagliks 500 MB gratis bandwydte. Dié data kan ook gebruik word om die Aardklop-app mee af te laai.

Die app bevat onder meer die dagprogram, Aardklop-nuus en inligting oor die onderskeie venues waar produksies plaasvind.

Dié venues word ook elkeen met jou slimfoon se aanlyn-navigasiestelsel, soos Google Maps, verbind, sodat feesgangers blitsvinnig en sonder enige gesukkel by hul lokale kan uitkom.

“Feesgangers kan nou die fees geniet sonder enige bekommernis dat hulle ʼn program of produksies gaan misloop. Dit is die eerste jaar wat ons dit so toeganklik vir hul probeer maak. Dit verseker dat hulle nie meer hoef te skarrel op soek na inligting nie,” het Purén bygevoeg.

Die app is beskikbaar om gratis af te laai vir Android of Apple iOS en is ontwikkel deur Conceptsphere.

Vir meer inligting in verband met die app, of enige navrae, stuur ʼn e-pos na [email protected].

Besoek ook Aardklop se webwerf en Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.