Die helfte van die beroepe in België kan binne 20 jaar deur rekenaars en robotte oorgeneem word, aldus ‘n vooruitskouing wat deur ING België gedoen word. ING België is ‘n filiaal van ING-groep , ‘n internasionale bankmaatskappy.
Volgens die ondersoek loop ‘n derde van die beroepe ‘n groot gevaar, maar dis veral die tipe beroepe wat in gevaar verkeer wat die oë laat rek – administratiewe poste, verkopers, huiswerkers en boekhouers.
Altesaam 420 beroepe is in die ondersoek onder die loep geneem.
Die ondersoekers maan egter dat die syfers met ‘n knippie sout geneem word. Terwyl sekere werksgeleenthede beslis sal verdwyn, toon navorsing aan die KU Leuven dat elke nuwe werkgeleentheid in die hoëtegnologiesektor tot nog vier werksgeleenthede in dieselfde streek lei.
Lees die volledige berig in De Standaard.