Besluit wie moet ná jou afsterwe jou Facebook beheer

Voorbeeld van 'n Facebook-blad wat 'n "legacy contact" oorgeneem het. Grafika: Facebook

Voorbeeld van ‘n Facebook-blad wat ‘n “legacy contact” oorgeneem het. Grafika: Facebook

Facebook bied nou aan sy gebruikers in Amerika die geleentheid om te kies wie hul rekeninge sal beheer na hul afsterwe.

Die gebruikers kan kies of hul rekeninge net dadelik moet sluit en of ʼn ander persoon namens hulle die bladsy sal kan oorneem.

Facebook noem dit die persoon se “legacy contact” en die gebruiker sal die persoon deur die webwerf self of deur die app se sekuriteitverstellings kan aanwys.

Tot vandag toe het Facebook slegs die opsie gebied dat ʼn rekening gevries kan word na iemand se afsterwe.

Die “legacy contact” sal ‘n plasing kan doen oor die persoon se afsterwe of om ‘n gedenkdiens aan te kondig of spesiale boodskap te laat. Die persoon sal ook kan reageer op vriendversoeke en die profiel- en dekfoto op die bladsy kan wysig.

Klik hier om te lees hoe Facebook verduidelik wat jy moet doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.