Bitcoin is al tien jaar oud

Argieffoto (Foto: CoinDesk)

Die kripto-geldeenheid Bitcoin het Woensdag sy tiende herdenking gevier. En die afgelope jaar was ’n treurmare vir beleggers wat ’n jaar gelede in die bulmark dié geldeenheid aangeskaf het.

Dit het 3% in sy waarde op ’n jaargrondslag verloor. Sy oorhoofse verliese beloop sowat 70%.

Bitcoin het onlangs rondom $2 623 verhandel. ’n Jaar gelede het hy teen $6 443,22 verhandel. Die lopie is grootliks ondersteun deur aankope uit Amerika en Suid-Korea. Die dramatiese verliese word egter geïllustreer deur die kripto-geldeenheid se hoogtepunt van bykans $20 000 wat in Desember  verlede jaar bereik is.

Een van Bitcoin se grootste kritici is die Amerikaanse beleggingsbank JP Morgan se bestuurshoof, Jamie Dimon. Hy het by die Axios-konferensie wat deur die Heilsleer gereël is om dissipelskap te bevorder, in kru taal na die geldeenheid verwys.

Dimon het voorheen ook vir Bitcoin uitgekryt en dit as ’n bedrogspul genoem. Hy moes toe ’n verskoning maak vir kommentaar wat hy in September verlede jaar gemaak het en het vir ’n wyle sy kritiek oor die geldeenheid in toom gehou.

Hy het egter in Augustus weer sy visier op Bitcoin gerig en dit as ’n foefie afgemaak.

Ondanks Dimon se kritiek oor Bitcoin, bly JP Morgan in dié geldeenheid en ander dergelike tegnologiese instrumente te belê. Die bank beoog om sy kripto-aankope met goud en diamante te waarborg.

Volgens Reuters gaan die konflik tussen tradisionele banke en beleggingskenners voort. Behalwe Dimon, is die sakereus, Warren Buffet, ook een van Bitcoin se felste kritici. Die nuusagentskap berig dat die verhouding tussen Bitcoin en tradisionele banke juis versuur het oor die kripto-geldeenheid se onbestendigheid.

Bitcoin is deur die Japanse tegnologiekenner Satoshi Nakamoto uitgevind. Hy het sy idees in ’n witskrif gepen voordat die kripto-geldeenheid tien jaar gelede gemaak het.

Nakamoto se aanbeveling was dat daar ’n noodsaaklikheid was vir ’n aanlyn geldeenheid wat die betrokkenheid van derde partye, soos banke, sal uitsluit.

Verskeie sentrale banke het reeds te kenne gegee dat hulle nie Bitcoin gaan erken nie.

Plaaslik het Dawie Roodt, die hoofekonoom van die Efficient Group, in ’n vroeëre onderhoud sy steun aan Bitcoin toegesê. Volgens Roodt is Bitcoin ’n “wonderlike spekulatiewe geleentheid”. Hy het dit ook as die tegnologie van die toekoms beskryf.

Roodt het bygevoeg dat daar nie ’n verskil tussen erkende valuta en kripto-geldeenhede is nie. Boonop is hy van mening dat Bitcoin en ander kripto-valuta deur beleggersvertroue ondersteun word.

Een van Bitcoin se grootste kritici plaaslik, is Mike Schüssler, die hoofekonoom by economists.co.za. Hy wys daarop dat die vertrouensaspek waarskynlik Bitcoin se grootste uitdaging is. Volgens Schüssler is die onbestendigheidsvlak van Bitcoin 7,5 keer hoër as die rand.

“Die rand lok dus meer vertroue,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willie ·

Ja wel…. ek was een van die mense wat laasjaar ingekoop het toe die “frenzy” aan die gang was. Ek het ‘n R1000 s’n gekoop en nou is dit minder as R500 werd.

Antionette ·

Hou jy net vas en moenie moed opgee nie!! Jy sal wel later die vrugte pluk!!!?

Knapie ·

Gelukkig het jy nie jou pensioen daarin belê nie. Wyse besluit. Gewoonlik is dit nie n goeie idee om gedurende die “frenzy” te belê nie. Bitcoin was die afgelope paar maande op ” special”, het sovêr gedaal as R85000, is nou weer terug op 97000. Ek hoef dit nie uit te spel nie…

Oningelig ·

Bitcoin verhandel tans teen ongeveer $6 400 moenie net die negatiewe skryf nie… baie lanklaas op die $2 600 merk gewees

Debbie ·

Cryptocurrency is the way forward. I have bought into Apollo’s. It’s aim is to have decentralized banks throughout the globe! We need to renew the way we think about money. Everything in this life has to be “upgraded” sooner or later. Apollo is just doing that right now. Can’t wait for the launch on the 20th!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.