Datakostes in Suid-Afrika steeds te hoog

Argieffoto: Pixabay.com

Suid-Afrika se twee selfoonswaargewigte, MTN en Vodacom, is hard geslaan nadat die Mededingingskommissie bevind het dat hul datakostes in Suid-Afrika te hoog is en daardeur veral die laerinkomstegroepe penaliseer.

Die twee maatskappye het saam 75 miljoen ingeskrewe verbruikers. Dit is twee derdes van die land se selfoonverbruikers.

Die nuus het albei maatskappye se aandeelpryse negatief beïnvloed.

Woensdag het Vodacom se aandeelprys met 5,1% tot R114,88 geval. MTN, wat op die herstel was ná sy treurmare in die buiteland, veral in Nigerië die afgelope 24 maande, het met 2,4% gedaal.

Die kommissie het bevind dat die twee maatskappye se datapryse in Suid-Afrika hoër is in buitelandse lande waar hulle ook bedrywig is. Dit volg op die kommissie se ondersoek na datakostes.

Die kommissie het aanbeveel dat die twee maatskappye hul datakostes sal moet sny.

ʼn Kommissaris by die kommissie, Tembinkosi Bonakele, sê dit is veral die data wat onder die 1GB-vlak is wat verminder moet word. Hy sê die huidige pryse het tot die uitbuiting van laerinkomstegroepe gelei.

Suid-Afrika se hoë datakostes het tot verskeie proteste gelei.

Ontleders meen dat die hoër datakostes die land keer om ekonomies vooruit te gaan. Daar word egter gewys dat die gebrek aan spektrum die groot vlieg in die salf was wat datakostes betref.

Die hoofekonoom van die kommissie, James Hodge, se datapryse het nie vinnig genoeg geval nie. Hy sê dit was ironies dat Vodacom en MTN minder vir data in die buiteland vra as in Suid-Afrika wat hul tuisbasis is.

MTN het egter teruggekap en gesê dat die kommissie dalk ou inligting gebruik het om by sy bevinding te kom. Die maatskappy voeg by dat daar baie veranderinge oor die laaste 18 maande was ten opsigte van datakostes.

Volgens MTN het die raad hom beroep op 2017 se inligting.

Vodacom se woordvoerder, Byron Kennedy, sê as deel van sy volgehoue prysaanpassings het hy effektief die prys van data met 14% die afgelope jaar verminder.

Hodge wys daarop dat welgestelde kliënte toegang tot beter pakkette en, onder meer, Wi-Fi by hul werkplekke het.

“Laerinkomstegroepe is meer blootgestel aan die risiko van hoër pryse – veral onder 1GB,” het Hodge gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

sakkie ·

ag regtig. ek betaal nog al die tyd R149 vir 1gb data, vodacom kan nie sien waar en hoe julle dit verminder het nie. As my sommetjie dan reg uitgewerk is behoort ek nou R128 te betaal. Die mensdom is van liegpraat aanmekaar gesit

Judge Dredd ·

Maar daar was mos prys inflasie – so as hulle die prys dieselfde hou dan beteken dit jou produk word elke jaar goedkoper – of altans so probeer hulle die mense flous.

corne ·

As hulle klaar is om die 2 op te skroef en voor stok gehou word kan hulle gerus ool na regering kyk hoe Sasol se brandstof baie goeskooper in buitelamd is as hier by ons self

Nika ·

Jy kan dit weer sê! Dink die boere ly baie meer onder die swaar bandstrof pryse as die laerinkomste groep wat n data te kort het.

Kobus (Pretoria) ·

Interessant dat die 75miljoen intekenare van Vodacom en MTN twee derdes van alle SA selfoongebruikers uitmaak. Dit beteken daar is altesaam 99,75miljoen mense met selfone in SA. Maw as almal van suigeling tot bejaarde ‘n selfoon het is daar 40% meer mense in die RSA as wat die Statistiek SA beraam. Dalk van laasgenoemde ontslae raak en demografiese statistieke sommer van die selfoon maatskappye trek. Die stemperstentasie in die verkiesing gaan waarskynlik meer as 100% wees! ?

Manie ·

Uitstekend Kobus – “fake news” of dalk nie std 3 geslaag nie.

At ·

Selfoonnetwerke en supermarkte in SA, is die grootste aasvoëls in SA.

Vra net ·

My 1GB waaroor ek ook R149 betaal, het altyd langer as ñ maand gehou en dan het ek die res verbeur, want daar was nog data oor. Vir die laaste 2 maande vreet my foon die 1GB binne twee weke en moet ek nog ñ GB laai het. Dis net op Whatsapp, ñ paar emails en MM. Presies wat ek voorheen gedoen het. So verduidelik dit so bietjie aan my.

Ek sê ook vir almal ek het nie WiFi nie, so moenie my data mors met prentjies ensv nie. Ek blok die wat nie gehoor gee nie.

Baardbek ·

Aan “Vra net”: dit is nou verseker die waarheid!! Ek kan dit ook bo enige twyfel bewys, met statistieke. OKOSA en ander beweerde instansies het skynbaar geen lus, of is dit dalk geen TANDE nie, om iets daaraan te doen nie. Klagtes word eenvoudig nie behoorlik hanteer en/of opgelos nie.
Is daar verskuilde belange dalk betrokke?

Jo ·

n ruk terug geswitch Telkom Mobile toe, nog nie n dag spyt nie, R499 vir 20gig, 50gig netflix, 2gig whatsapp, 10gig music streaming, 1500 all network minutes en 3500 telkom to telkom. 82gig vir R499. Out of bundle R57 n gig. Bly uit die dorp en het nou full 4g+ soms LTE, waar ek met vodacom net 3g bietjie getref het.

Wanda ·

Ek het ook na Telkom toe geskuif,baie gelukkig.Ek gaan na telkom hotspot toe en kry gratis wifi vir 30 minute elke dag.Daar is spesiale aanbodde ook,het R28 betaal vir 2GB

Manie ·

Datakaping, die ekwivalent van Staatskaping. Selfoon maatskappye in Suid Afrika buit die verbruiker uit en dan is hulle nog arrogant ook daaroor. In Tanzanië betaal ek TSH 20,000 vir 6.2 GIG data, dit is R125.
Druk hulle dat hulle oë traan!!

Manie ·

Ek het vergeet: My 6.2 Gig data verval nie na 30 dae nie, ek gebruik dit tot op op is.

Ai.. ·

Maar natuurlik een of ander hoog geplaaste BEE bosluis moet mos sy Mercedes kan bekostig en sy prag huis op die wildernis kus en al sy vroue…Waar dink jul mense moet die geld vandaan kom huh??? Julle natuurlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.