Dié iPhone-fone se internet kan verdwyn

Foto: Pixabay

Apple het gebruikers van sy iPhone 4- en 5-modelle gemaan om teen die einde van die naweek hul fone volgens die jongste sagteware by te werk, anders sal hulle dit moontlik nie langer aan die internet kan koppel nie.

Volgens Apple sal dié iPhone-foonmodelle asook sekere iPad-modelle wat in 2012 en vroeër bekend gestel is ʼn iOS-bywerking moet ondergaan om ʼn akkurate GPS-ligging te behou en voort te gaan om funksies, wat van die korrekte datum en tyd afhanklik is, soos die App Store, iCloud, e-pos en die internet, te kan gebruik.

Die toestelle wat geraak word, is die iPhone 5, iPhone 4s, iPad (vierde generasie Wi-Fi en sellulêr), iPad mini (eerste generasie Wi-Fi en sellulêr), iPad 2 (Wi-Fi en sellulêr, slegs CDMA-modelle) en die iPad (derde generasie Wi-Fi en sellulêr).

Die kwessie raak nie die iPod touch of enige iPad-modelle wat net Wi-Fi het nie. Dit raak ook nie enige nuwer iOS-toestelle nie.

Kyk só watter iOS-weergawe op jou iPhone of iPad is:

  1. Gaan na Settings
  2. Klik op General en dan op About
  3. Kyk na die nommer wat langs Software Version staan

Die iPhone 5 en iPad (vierde generasie Wi-Fi en sellulêr) moet die nommer iOS 10.3.4 vertoon om te verseker dat dit sal aanhou werk.

Die iPhone 4s, iPad mini (eerste generasie Wi-Fi en sellulêr), iPad 2 (Wi-Fi en sellulêr, slegs CDMA-modelle) en die iPad (derde generasie Wi-Fi en sellulêr) moet die nommer iOS 9.3.6 vertoon om te verseker dat dit sal aanhou werk.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Kan ek asseblief weer deel wees van Maroela? My naam is seker al 2 jaar gelede verwyder.

Fanie Vaalbos ·

Wat rook jy Sarie ? ….ok …ons het jou naam weer terug gesit…is jy nou happy?

Chris Ws ·

Net nog ‘n foefie om geld mee te maak.Hierdie slim fone is nie verniet so “slim” nie!Dis een groot geldmaak storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.