Die Nokia 3310 maak ʼn terugkeer

Nokia 3310 (Foto: Techobuffalo.com)

Nokia 3310 (Foto: Techobuffalo.com)

Dit was beslis een van die gewildste, én taaiste, selfone van sy tyd, en nou het die Finse maatskappy HMD Global Oy vandeesweek aangekondig die Nokia 3310 gaan amptelik sy terugkeer maak.

Volgens die webwerf Venturebeat word dié selfoon op 26 Februarie in Barcelona in Spanje bekendgestel.

Die Nokia 3310 is in 2000 as die opvolger van die gewilde 3210-model bekendgestel.

Dié selfoon was veral gewild vir sy lang batterylewe, sy byna “onvernietigbare bou” en die speletjie “Snake”.

Die nuwe weergawe van die selfoon sal egter nie deur die oorspronklike maatskappy, GSM Mobile, vervaardig word nie, maar deur HMD Global wat dié maatskappy in Desember oorgekoop het.

Buiten vir die 3310 gaan nuwe weergawes van die Nokia 3, Nokia 5 en Nokia 6 ook bekendgestel word.

Al dié modelle buiten die Nokia 3310 sal op die Android 7.0 Nougat-bedryfstelsel werk.

Die 3310 sal jou na verwagting €59 (ongeveer R800) uit die sak jaag.

Dit is nog nie seker of die selfoon wêreldwyd versprei gaan word nie.

Bron: The Next Web, Venturebeat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kotie ·

Ek koop die eerste een vir my man. Dit was die beste tellefoon gewees!!!

Paul ·

“terugkeer maak” is sekerlik anglisisties, of hoe?

Wat is fout met die Afrikaanse “keer terug”?

Saartjie ·

My broer het een wat hy al sewentien jaar gebruik. Daagliks, elke dag. Ons het juis oor die naweek daaroor gepraat. Broer is “tegnies gestremd” en weet net van bel, weet nie van whatsapp gebruik nie. Jy kan hom sms, maar hyself sal nooit sms nie – broer is bare basic. Sy foon is sy besigheid, die battery hou en hou en hou. My broer sal nooit kan aanpas by ‘n smart phone nie. Sy vrou het dit lank terug besef en toe nog een gekoop wat in die laai gebêre word vir ingeval die huidige een wat sewentien jaar oud is, besluit genoeg is genoeg. Die foon is ‘n strydros en het wragtig nie einde nie. Klein, kompak, glip in broer se hemp se bo-sak. Soos broer tereg se (broer is nou 62) as die huidige foon besluit hy het genoeg gehad, is die nuwe een wat skoonsus gebêre het nog daar en dan kan daardie foon ook nog sewentien jaar plus hou – teen daardie tyd is broer 80 ………. Goeie nuus, broer sal bly wees oor die goeie nuus.

Colleen Louw ·

Die beste selfoon ooit. My man gebruik nog sy Nokia, weier om ‘n ander selfoon te koop. Ons het 3 weke terug vir die eerste keer ‘n nuwe battery vir die selfoon gekoop. Hiedie Nokia is ‘n staatmaker, en sal nog vir 20 jaar gebruik word.

chris calitz ·

Ek het ook so Nokia gehad sal dit kan kompeteer met die nuutste software van ander fone alhoewel dit Android aangedrewe is.

Gerhard ·

NOKIA is die Beste Selfone.
Dit werk die maklikste Van Al die Selfone.
WELKOM TERUG.

Stella ·

Hoop dit word in suid Afrika beskikbaar
Sal beslis weer 1 wil besit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.