Druk slimfoonfoto’s in ʼn kits

Prynt

Prynt

Die probleem met foto’s op jou slimfoon is dat jy gewoonlik dit nie uitdruk nie, omdat dit te veel moeite is.

ʼn Maatskappy, Prynt, het ʼn tipe Polaroid-agtige kassie ontwerp wat aan jou iPhone 6s, 6, 5s, 5c, 5 en Samsung Galaxy S5 en S4 kan koppel.

Die foto’s word dan termies op inklose sink-fotostrokies gedruk. ʼn Pakkie van 50 fotostrokies kos ongeveer $25 (R400). Die Prynt-aanhegsel kos $149 (R2 400).

“Mense neem duisende foto’s met hul selfone, maar kyk nooit daarna nie,” het Clément, Perrot, stigter van Prynt, gesê. “Ons het besluit om iets te ontwerp wat hulle help om op ʼn tasbare manier, hul foto’s met vriende en familie te deel.”

Die maatskappy bied tans ʼn Valentynsdag-winskoop aan (gebruik die kodewoord “PRYNTLOVE” wanneer jy jou bestelling plaas).

Besoek die webwerf: Prynt

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carina ·

Nee vaderland, dis darem te duur. Koppel jou foon aan jou rekenaar, of Bluetooth dit na jou laptop, of epos dit selfs na jou rekenaar toe. Dan kan jy dit uitdruk op gewone papier en as dit regtig goed is, lamineer ook. Dit lyk so goed soos die ware jakob, teen ‘n fraksie van ‘n regte foto se prys.

mandie ·

Stem saam Carina, dis darem baie duur. Dis regtig nie so moelik om dit vanaf jou foon na ‘n rekenaar te stuur en dan te print nie. Almal doen dit al vir jare so.

Ben (:-) ·

Ek print online – `n a4 kos r13-00 mag seker nie se waar nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.