Enkeles kan vir eers meer tjirp op Twitter

Twitter (Foto: Pixabay)

Twitter het vandeesweek gesê hy gaan dit nou vir ʼn handjievol gebruikers moontlik maak om inskrywings van 280 karakters te maak sodat gebruikers van dié platform hulself “makliker en meer voldoende kan uitdruk”.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hy gaan die karakterbeperkingvan sommige gebruikers verhoog omdat hy besef het dat gebruikers wat tale soos onder meer Japannees, Koreaans en Chinees praat, hulself beter in Twitter se huidige 140 karakters kan uitdruk as gebruikers wat Engels en ander tale praat.

Volgens navorsing van dié maatskappy gebruik twiets in Japannees, Koreaans en Chinees net sowat 0,4% van die tyd al 140 beskikbare karakters, terwyl twiets in Engels in meer as 9% van alle inskrywings al 140 karakters gebruik.

ʼn Groep gebruikers, wat nié Japannees, Chinees of Koreaans praat nie, is lukraak gekies om ʼn toetslopie van die nuwe 280-karakterbeperkingte doen.

“Ons navorsing toon dat die karakterbeperking ʼn groot frustrasie vir gebruikers is wat in Engels twiet, maar nié vir mense wat in Japannees twiet nie. As ons nie gebruikers van ander tale soos Engels verhoed om volledige inskrywings te maak nie en die karakterbeperkingna 280 karakters verhoog, twiet mense meer – en dis natuurlik goed vir ons,” lui die verklaring.

Die maatskappy is tans nog besig om die nuwe karakterbeperkingna te vors. Die resultate van dié navorsing sal weldra bekend gemaak word, waarna Twitter sal besluit of die verstelling permanent gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.