Ervare werkers in die palm van jou hand met dié app

Of jy nou self op soek is na ʼn klein werkie (“piece job”) vir ʼn ekstra rand of twee in jou sak of self op soek is na iemand wat jou kan help met loodgieterwerk, om ʼn kinderpartytjie te help reël of selfs net jou kan help verhuis, is dié app jou antwoord.

Piet Oosthuizen, medestigter van Piece Jobs App (Edms) Bpk, het besef dat, ten spyte van die “gerief” van ʼn gerespekteerde beroep, miljoene Suid-Afrikaners elke dag honger ly. Groot uitdagings verg sonder uitsondering “groot” idees en Piet het vorendag gekom met ʼn innoverende slimfoon-toepassing wat derduisende mense kan help om kos op die tafel te sit en hulle in staat te stel om vir hul gesinne te sorg.

The rompslomp en afsloofwerk van die innoverende nuwe app was die taak van Oosthuizen se vennoot, Bertus Marais, om die nuwe app te ontwerp en te ontwikkel, en terselfdertyd te verseker dat dit so gebruikersvriendelik as moontlik is – vandaar die eenvoud van die “program”.

“Piece Jobs” is ʼn slimfoon-toepassing wat in eenvoudige terme mense en werksgeleenthede (“piece jobs”) bymekaar bring en andersom. Die toepassing werk in albei rigtings: dit is dus nie vir jou nodig om onnodige tyd en data op jou foon te vermors deur iemand te soek om iets vir jou te doen nie of tussen die kolomme van die geklassifiseerde advertensie te soek vir ʼn werkie waarvoor jy gekwalifiseer of opgewasse is nie. Met die kliek van ʼn paar knoppies op jou slimfoon kan jy onmiddellik die beskikbare opsies oorweeg en terselfdertyd iemand vind wat jou projek kan hanteer – hoe groot of klein ook al.

Die app werk net soos LinkedIn, maar in dié geval is dit los stukkies werk wat iemand vir jou kan verrig of waarmee jy ʼn paar rand kan verdien.

Danksy die boodskap-funksionaliteit kan jy boonop oor die prys onderhandel om seker te maak werker (en werkgewer!) is albei tevrede.

Jy of jou maatskappy hoef dus ook nie meer ʼn geskoolde/gekwalifiseerde werker permanent in diens te neem as jy na iemand met ʼn spesifieke vaardigheid op soek is nie. Jy vergoed bloot jou “kontrakteur” vir die tyd of die projek soos in jou “advertensie” uiteengesit.

Piece Jobs App (Edms) Bpk het die potensiaal om die lewens van talle Suid-Afrikaners te verbeter, en onderneem as ʼn ekstra aansporing, om ʼn derde van sy inkomste onder Suid-Afrikaanse gemeenskappe terug te ploeg ten einde werkskepping te bevorder.

“Hierdie is ʼn dapper onderneming omdat ons in die huidige ekonomiese klimaat dapper moet wees ten einde ʼn verskil te maak”, sê Oosthuizen.

Die Piece Jobs-app is tans op die Google Play Store beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.