Facebook-groepe kan jou eersdaags laat opdok

Argieffoto (Foto: Simon, Pixabay)

Die sosialemediareus Facebook het Dinsdag aangekondig dat gebruikers eersdaags sal moet betaal om aan sekere Facebook-groepe te behoort.

Van vandag af sal administrateurs van Facebook-groepe maandelikse lidmaatskapfooie kan vra vir toegang tot die groep. Dié nuwe funksie se naam is Subscription Groups en sal eers net vir ʼn proeftydperk beskikbaar wees vir ʼn klein hoeveelheid bestaande groepe.

Indien die jongste funksie suksesvol is, sal dit beskikbaar gemaak word vir alle Facebook-groepe.

Alex Deve, produkbestuurder vir Facebook, het gesê groepadministrateurs is altyd op soek na maniere om geld te verdien om hul interaksie met hul lede te verdiep en voort te gaan om hul gemeenskappe te ondersteun. Deve het ook gesê Facebook is bewus daarvan dat administrateurs baie van hul tyd en energie opoffer om hul groepe te bestuur.

“Subscription Groups is geskep om dit vir groepadministrateurs makliker te maak om geld te verdien en om tyd te bespaar sodat hulle daarop kan fokus om slegs aan betalende lede inhoud te verskaf. Groeplede kan inteken en hul lidmaatskappe bestuur deur die Facebook-app op iOS en Adroid.”

Administrateurs sal ook kan kies of hulle die bestaande groepe wil behou en sekere inhoud slegs met betalende lede wil deel.

Volgens The Sun sal lidmaatskapfooie wissel tussen $4.99 en $29.99 (sowat R67 tot R400) per maand. Facebook het gesê die maatskappy neem nie ʼn gedeelte van die winste wat deur groepadministrateurs gegenereer word gedurende die aanvanklike proeftydperk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

RH ·

Another loop hole for fraudsters! Ek hoop maar net hulle het alle gatjies toe gemaak om dit te voorkom. En hoe gaan taks die admins affekteer?

Linda van Mosselbaai ·

Die ekonomie is reeds so sleg en almal meet en pas om uit te kom.
As ons moet betaal sal ons maar afklim van FB – ek wonder reeds of ons nie reeds versadigings punt bereik het nie.

Kosie Kramer ·

Wat my kriewelrig maak van Facebook, is dat hulle nou die Atlantic Council (AC) inspan om hulle te help. Die AC is Navo se propaganda afdeling, so ons kan vergrype van data en persoonlike inligting verwag.

marius botha ·

i belong so a few groups – if any of them/admins decide that i have to pay to remain part of their group….that’s me out of the door.
i also have my own group and am an admin on it. the type of group it is, already makes it difficult to recruit new members, so……..no, i won’t be charging anybody any money to be on my group…..period!

Chris Ws ·

Sou dit inwerking gestel word los ek nie net die groepe waaraan ek behoord nie maar gooi ek Facebook geheel en al by die deur uit!Ek het nog nooit baie erg aan Facebook gehad nie en hierdie sal die finale strooi wees.Ek het reeds whatsapp ook opgeskop agv die data koste!Dan vertel almal vir mens whatsapp is “verniet” ? Wat ‘n grap!

Skepties ·

FB het onvergeeflike sonde gepleeg met ons data en hou aan om dit te doen. Met ons nog erger as met Amerikaners en Europeers want daardie lande kyk beter na hulle burgers se regte. Maak toe, delete.

MVenter ·

Vodacom verkoop al jare lank ons inligting… Ek is seker die ander (Cell C, MTN ens) het dit ook al gedoen… Waar dink jy kry daai “robotte” nommer? Asook al die ander tellemarketers” wat jou bel? FB se dade is beslis nie ‘n uitsondering nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.