Facebook kan ‘verstaan’ wat jy sê

Argieffoto

Argieffoto

Die sosialemediareus Facebook het Donderdag die ontwikkeling van ʼn nuwe kunsmatige intelligensiestelsel, genaamd “DeepText”, aangekondig.

Dié stelsel sal met “byna menslike akkuraatheid” kan analiseer wat persone in 20 verskillende tale in hul Facebook-plasings skryf.

“Indien die stelsel outomaties haatspraak in plasings kan optel wat bloot omstrede terminologie bevat, kan dit verhoed dat enigiemand ooit geteister word en self dit per hand moet rapporteer,” het TechCrunch berig.

Facebook het bevestig sy kunsmatige intelligensiestelsels rapporteer reeds meer aanstootlike foto’s op die netwerk as mense wat dit aanmeld.

Volgens die maatskappy moet hy die rekenaar “leer om goed soos slang en dubbelsinnige woordspeling te verstaan”, om dit nog nader te bring aan hoe mense op teksboodskappe reageer. Byvoorbeeld, as iemand sê: “I like blackberry”, moet die masjien kan verstaan of die persoon na die vrug of die toestel verwys.

Die stelsel word reeds op Facebook Messenger getoets. Wanneer DeepText byvoorbeeld ʼn sin identifiseer dat jy ʼn rygeleentheid benodig, sal hy ʼn Messenger-vervoerintegrasies soos Uber voorstel.

Facebook poog om dié vermoë te gebruik om beter aanbevelings vir gebruikers te maak oor verwante plasings op Facebook of verwante dienste.

DeepText kan ook ongewenste inhoud beperk en meer inhoud bied wat die gebruiker wil sien.

Lees meer: TechCrunch, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Loeis ·

Sjoe, dit klink nie verkriklik privaat nie. Mens moet maar dink voor jy iets pos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.