Facebook: Trek gesig as jy nie wil ‘like’ nie

Die nuwe Facebook-reaksieknoppies

Die nuwe Facebook-reaksieknoppies

As jy al ooit gevoel het dis onvanpas om op die “like”-knoppie te druk wanneer iemand byvoorbeeld slegte nuus op Facebook deel, bied dié sosialemedianetwerk vir jou binnekort vyf alternatiewe.

Chris Cox, hoof bedryfsbeampte van Facebook, het bevestig dat daar vyf nuwe emotikone beskikbaar gemaak word: kwaad, hartseer, “wow”, haha en lief. Dié nuwe gesiggies sal binne die volgende paar weke wêreldwyd vrygestel word.

Die tradisionele “like”-knoppie sal nog steeds onderaan plasings beskikbaar wees, maar indien ʼn gebruiker die knoppie op ʼn slimfoon inhou, sal die vyf nuwe emotikone beskikbaar wees.

Facebook-navorsers het gaan kyk na die mees algemene reaksies wat mense op plasings wil kommunikeer, byvoorbeeld “haha” en “te snaaks” is onder die “lag”-kategorie gegroepeer. “Yay” was aanvanklik ook een van die kategorieë, maar dit word nie universeel dieselfde verstaan nie.

Gebruikers in Spanje en Ierland kon heel eerste die gesiggies probeer, daarna Chili, Filippyne, Portugal en Colombia.

Volgens Facebook klik sy 1.6 miljard gebruikers die “like”-knoppie ongeveer 6 miljard keer per dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.