Facebook verwyder ‘voel vet’-funksie

facebook-feeling-800Facebook het vandeesweek van die funksies wat gebruikers in staat stel om vir hul vriende te sê hoe hulle voel, verwyder nadat daar ʼn petisie hieroor begin is.

The Verge berig Facebook het die funksie wat gebruikers kan gebruik om aan te dui hulle “voel vet” verwyder. Gebruikers kan onder meer sê hulle voel “vry”, “beter” en “ongeduldig”.

‘n Aanlynpetisie is begin waarin Facebook versoek is om die “voel vet”-funksie te verwyder, aangesien hulle meen “vet is nie ʼn gevoel nie”. Die groep het ook aangevoer dat Facebook ʼn “negatiewe selfbeeld onder  meisies aanmoedig”. Facebook het die funksie Dinsdag verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DIS WAAR ·

Ek stem saam. Facebook het sy sterk punte, maar het ook ‘n baie negatiewe impak op mens se lewe. Ek stem saam dat dit meisies se selfbeeld negatief beïnvloed. Eerstens is dit die gedurige advertensies oor gewigsverlies en die of daai pil wat werk, die “suggested posts” veroorsaak ook dat mens nie kan “kies” wat jy sien nie. Daar is nie ‘n manier hoe al die negatiewe inligting wat jy lees, gefilter kan word nie. Bv. Iemand plaas kommentaar of ‘n berig op hul wall en wanneer jy jou fb-blad oopmaak, sien jy dit, sonder dat jy dit dalk wou lees of sien. FB het nie verniet navorsing gedoen wat bewys het dat om die blad te gebruik, jou bui kan bepaal nie. Vir hierdie rede het ek fb verlaat en verkies ek om eerder regte vriende te hê en harder te werk aan vriendskappe.

Jan ·

Ek was ook vir 3 jaar ‘n FB verslaafde, gelukkig is ek nou 11 maande FB skoon ! Ek moes laasmaand een van my personeel ontslaan agv FB, hy kon net nie sy foon uitlos nie, tot in die kritiekste tye ! FB IS ‘N EUWEL !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.