ʼn Maatskappy bied jou nou die geleentheid om ʼn Lego-mannetjie te bestel wat presies soos jy lyk.
Funky3DFaces vervaardig ʼn gesiggie met ʼn 3D-drukker. Al wat jy hoef te doen is om twee foto’s van jouself te stuur: een van voor en ʼn profielfoto; en dan kan jy ʼn lyfie kies waarop jou gesig moet pas. Die gesiggie kan verwyder word, so jy kan dit op verskillende Lego-figure vasmaak.
Die gesiggies is ongeveer 15 mm hoog – jy kan ook jou eie haarstyl en kleur kies.
Bestel jou gesiggie hier vir $30.
Bron: funky3dfaces.com, Facebook