Google is nou Wall Street-koning

Argieffoto

Argieffoto

Daar is ʼn nuwe Wall Street-koning: Google het Apple onttroon as die mees waardevolle maatskappy in die wêreld.

Google het Dinsdagoggend ʼn markwaarde van $550,6 miljard gehad, teenoor Apple se hoogste prys ooit van $529,1 miljard, berig Mashable.
Die jarelange kompetisie tussen Apple en Microsoft is uiteindelik vervang deur Apple en Google, nadat Google sedert 2008 ʼn ernstige mededinger geword het toe hy die Android-slimfone bekend gestel het.

Apple het verlede maand aangekondig dat sy algehele verkope waarskynlik in die volgende kwartaal vir die eerste keer in 13 jaar sal daal, aangesien iPhone-verkope afgeneem het.

Volgens die artikel op Mashable sal Google en Facebook moontlik in die toekoms die twee topposisies beklee.

Sundar Pichai, uitvoerende hoof van Google, het Dinsdagaand aangekondig Gmail het reeds meer as 1 miljard aktiewe gebruikers en binne vyf minute later, het Facebook ook aangekondig sy boodskapdiens, WhatsApp, spog ook nou met 1 miljard aktiewe gebruikers.

Lees meer: Mashable

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.