Graad 1 verstaan internetveiligheid beter as volwassenes

internetveiligheid-croppedMeeste kinders wat in ʼn digitale era grootword, besef dat dit baie belangrik is om nie enige persoonlike inligting op die internet te deel wat jou weerloos kan maak vir kuberaanvalle nie.

Sosialemediagebruikers word egter mettertyd al hoe meer gemaklik met die tipe inligting wat hulle deel en besef nie hoeveel inligting hulle deur vraelyste of selfs gebruikername bekend maak nie.

Talle maatskappye moedig persone aan om hul regte name te gebruik, maar as dié maatskappy nie ʼn betroubare stelsel het nie, kan dit jou vatbaar maak vir kuberaanvalle.

Die Instagram-gebruiker KingOfMoliu, van China, het ʼn foto gedeel van Claire, wat by haar skool ʼn vraelys moes voltooi oor internetveiligheid. Dit wil voorkom of dié graadeentjie meer weet van internetveiligheid as meeste volwassenes. Leer gerus uit Claire se antwoorde:

internetveiligheid

Foto: kingofmoliu, Instagram

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.