Gratis Wi-Fi vir Kapenaars beskikbaar gestel

Die isabelo-slimbankie op die hoek van Adderly- en Waalstraat in Kaapstad (Foto: isabelo, Facebook)

Die isabelo-slimbankie op die hoek van Adderly- en Waalstraat in Kaapstad (Foto: isabelo, Facebook)

Die Wes-Kaap het vandeesweek nóg gratis Wi-Fi-punte dwarsoor die provinsie gekry danksy die plaaslike regering en ʼn sonkragbeheerde kragbankie deur “isabelo”.

Die Wes-Kaapse regering het 50 openbare gratis Wi-Fi-punte vrygestel in samewerking met Neotel. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het in Februarie tydens haar provinsiale rede aangekondig dat haar regering die punte vandeesmaand beskikbaar sal stel.

Volgens die plaaslike regering sal altesaam 384 punte uiteindelik teen 2019 beskikbaar gemaak word.

Gebruikers kan tot 250 MB data daagliks gebruik en sal onbeperkte toegang hê tot .gov.za-webwerwe. Bykomende data kan teen baie billike pryse aangeskaf word.

Gebruikers kan 700MB aankoop vir R5, ʼn bykomende 2G vir R15 of 7G vir R45. Die aangekoopte data sal eers in 2024 verstryk. NeoHotspot-geskenkbewyse kan by sommige Spar-winkels en Engen-diensstasies aangeskaf word.

Die punte word aan buitemure van geboue vasgemaak en enigiemand binne ʼn radius van 200 m sal na verwagting van die diens gebruik kan maak.

Skakel bloot jou Wi-Fi op jou slimfoon, tablet- of skootrekenaar aan en kies “NeoHotspot”.

Intussen is die eerste isabelo-slimbankie, danksy ‘n onafhanklike projek deur Cape Town Partnership en Wesgro, in Kaapstad se middestad, op die hoek van Adderly- en Waalstraat, geïnstalleer. Maroela Media het vroeër berig oor dié sonkragaangedrewe bankies deur Public Access Consulting in Maboneng, Johannesburg wat gebruikers ʼn lekker sitplek bied terwyl jy jou selfoon kan herlaai of aan die internet kan koppel. Besoek isabelo op Facebook.

Die 50 gratis Wi-Fi-punte is hier beskikbaar:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louis Prinsloo ·

Dis wonderlik :D
Solank elkeen verseker is oor privaatheid van wi fi gebruik ook is.
Mens se vriende en naastes se besonderhede en fotos is op fone en dit gee fone hul waardes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.