Grootste sonkragaanleg in Afrika aangeskakel

Minister Tina Joemat-Petterssen tydens die aanskakeling van die sonkragaanleg in De Aar in die Noord-Kaap (Foto: @eskom_sa, Twitter)

Minister Tina Joemat-Petterssen tydens die aanskakeling van die sonkragaanleg in De Aar in die Noord-Kaap (Foto: @eskom_sa, Twitter)

Die grootste sonkragaanleg in Afrika is Donderdagoggend in die Noord-Kaap aangeskakel.

Tina Joemat-Petterssen, minister van energie, was by die geleentheid om amptelik die “Solar Capital Power Plant” aan te skakel.

Die aanleg is in De Aar geleë en sal na verwagting meer as 175 MW aan die nasionale netwerk verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Leon ·

Kan daar nie asb MEER sulke goeie nuus vir ons wees nie! Kyk net wat kan ons doen in hierdie land! Voorwaar inspirerend.

Andre ·

Buitelandse valuta en kundigheid wat dit oprig, verkoop dan die krag aan Eksdom. Ons voer dus krag in

Loeis ·

Daar is darem soms goeie nuus ook in die media. En Sonkrag besoedel nie ons lug nie.

Ulrich ·

André, anders as die Russiese kernkrag fiasko, wat ‘n langdurige afhanklikheid aan ‘n oorsese groep soos Rosatom sal inlei, het sonkrag ‘n ander kant: die installering kan van plaaslike (on)geskoolde arbeid gebruik maak. Ons hoef nie uraan (wat ons wel op eie bodem het!) uit Rusland in te voer nie :-). Goeie nuus. +1.

Genie ·

Dit is ‘n uitstekende idee! Ek is meer gemaklik met sulke projekte as met kernkrag – die operasionele risikos met kernkrag is net te groot met ons lae vlak van vaardighede en swak werksetiek.

Hendrik ·

. . . en wat gebeur as daar ‘n haelstorm losbars by De Aar?

Paul ·

Die panele is anders as die klein gewone paneeltjies wat mens vir relatief goedkoop koop om op jou dak te sit. Die glas is baie sterker – juis gemaak om hael te weerstaan.

François ·

Dis nie die enigste in SA nie. In Upington distrik is daar dieselfde tipe aanleg so te sê voltooi. Daardie panele is haelbestand. Dit word oral ter wêreld opgerig. Buitelandse ‘expertise’ word gebruik maar die werksmag is 90% Suid-Afrikaans. Dis maar dieselfde met die ‘windfarms’ & ander kragstasies wat opgerig word.

jaco ·

as n sonkrag 1000MW krag opwek maar dit pas nie affirmative action reg toe onder sy personeel nie, kan dit nie daardie krag aan Eskom verkoop nie

Edward ·

Bly dat die geld aan groen energie spandeer word. Die probleem is die onderhoud gedeelte daarvan. Soos met verskeie groot kapitaal projekte wat deur die regering uitgevoer en onderhou word val die pap met die onderhou gedeelte daarvan gereeld op die grond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.