Hier is SA se 5 grootste TikTok-sterre

Die sosialemediaplatform TikTok het sedert 2019 drasties gegroei en talle Suid-Afrikaanse gebruikers het reeds baie gewild op die video-app geraak.

TikTok laat gebruikers toe om video’s van tussen 3 en 60 sekondes te publiseer. Hulle kan musiek in die agtergrond laat speel, of in die kamera in praat of sing. Gewilde gebruike vir die app is om danspassies te deel op maat van ʼn bekende liedjie, poetse te bak, of stories te vertel.

Maroela Media het vroeër berig dat drie Amerikaanse tienermeisies die hoogs betaalde TikTok-gebruikers ter wêreld is. Die 19-jarige Amerikaner Addison Rae span die kroon op TikTok en het in die afgelope jaar sowat R88 miljoen op dié app gemaak.

Maar dit is nie net die Amerikaners wat gewild is op TikTok nie, hierdie Suid-Afrikaners spog ook met  miljoene volgelinge wat hulle op TikTok dophou.

Wian van den Berg, meer bekend as @wianmagic, is Suid-Afrika se bekendste TikTok-gebruiker. Hy het 9,7 miljoen volgelinge wat getrou sy kulkuns op die platform dophou.

Wian van den Berg (Foto: Facebook)

Daniel Vermaak (@danielvx) het 2,7 miljoen volgelinge en is meestal bekend vir modevideo’s en video’s waar hy saam met liedjies sing.

Daniel Vermaak (Foto: Instagram)

Chané Grobler (@chanegrobler) vermaak gereeld haar 2,1 miljoen volgelinge met danspassies of saamsingvideo’s.

Chané Grobler (Foto: Instagram)

Jessica Ballinger (@theonlymissballinger) is bekend vir grappige video’s wat sy met haar 1,6 miljoen volgelinge deel.

Jessica Ballinger (Foto: Instagram)

Troy Shepherds (@troyshepherds) het 1,1 miljoen volgelinge en gebruik TikTok hoofsaaklik vir inhoud met ʼn komiese aanslag.

Troy Shepherds (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.