Honde-vriendelike app vir jou gerief

Shani en Bennett (Foto: verskaf.)

Shani en Bennett (Foto: verskaf.)

Die DoggyDo-app is enige hondeliefhebber in Suid-Afrika se droom.

Wil jy graag vir Wagter saamneem restaurant toe of dalk saam gaan inkopies doen of beplan julle ʼn vakansie saam? Dié app laat weet jou blitsvinnig waar jou hondekind welkom is.

Shani Judes, die meesterbrein agter die app, sê dit is al meer as 16 000 keer afgelaai.

DoggyDo is in Junie 2015 bekendgestel. “Sommige ondernemings wat op hierdie app te vinde is, het laat weet dat hulle al kliente gekry het binne die eerste halfuur nadat hulle op die app verskyn het. Dit is ʼn wen-wen situasie vir honde-eienaars sowel as sakeondernemings. Die publiek is gaande oor die app. Hulle laat weet gereeld dat dit vir hulle van groot nut is omdat dit moeilik is om honde-vriendelike ondernemings te vind.”

Wat was die inspirasie vir hierdie app? “Bennett, ʼn Walliese terriër en ʼn interessante kêrel. Hy is twee en ʼn half jaar oud, gebore in Oos-Londen en is enkellopend,” spot sy. “Hy gee jou aandag wanneer hy wil in plaas daarvan om te vra.”

“Hy is absoluut versot op ander honde.” Bennett hou ook van nuwe dinge. “Wanneer hy nuwe kos kry sal hy dit vir die eerste paar dae eet, maar daarna word hy kieskeurig. As daar ander honde in die omtrek is, dán sal hy sy kos opeet – en die ander hond sʼn!”

Daar is opwindende planne wat voorlê vir app-gebruikers. “Ons werk onder meer daaraan om afslag te reël.” Verder is daar planne vir bykomende funksies, maar meer daaroor kan Shani nog nie verklap nie.

Vir meer inligting besoek DoggyDo se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietjie ·

Ek dink ek wil my honde saam vat as ek gaan uit eet nie. Hulle is hopeloos te groot. Hulle hoef nie te rek nie, hulle kop is klaar bo die tafel as hulle net op hulle 4 voete staan. En as hulle moet gaan le gaan hulle die plek vol le. My liefstes moet maar liefs tuis bly. So ek gaan daai app glad nie benut nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.