Horlosie verklap toe meer as fiksheid

Ivonne en David Trinidad (Foto: CNN)

Ivonne en David Trinidad (Foto: CNN)

ʼn Man van New York kon nie verstaan waarom sy vrou se Fitbit-horlosie telkens ʼn verhoogde hartklop aangedui het nie.

David Trinidad (34) het opgemerk dat sy vrou, Ivonne (32), se maand oue horlosie verhoogde lesings van haar hartklop aangedui het. Hy het by die sosialemediawebwerf Reddit aangeklop vir hulp van medegebruikers.

“My vrou se Fitbit wys die afgelope paar dae telkens ʼn verhoogde hartkloplesing,” het David geskryf. “Ek weet nie of iets dalk met die sensor verkeerd is nie.”

Die sensor agterop die horlosie monitor gedurig die gebruiker se hartklop. Die produk monitor ook die hoeveelheid treë wat ʼn persoon neem, kalorieë wat verbrand word, en ander gesondheidsverwante data. Die data word dan na ʼn slimfoon of die webwerf oorgedra waar die gebruiker enige verandering of vordering kan dophou.

“Ek het gehoop daar is ʼn maklike oplossing sodat ons nie die foutiewe toestel hoef te vervang nie,” het David aan CNN gesê.

Talle persone het op Reddit raad aangebied, maar een van die persone het aanbeveel dat hulle moontlik uitvind of Ivonne nie dalk swanger is nie.

Die egpaar het 10 tuisswangerskaptoetse gekoop, en al die toetse was positief.

Volgens David was daar inderdaad ʼn paar simptome van swangerskap wat hy en sy vrou nie van bewus was nie, waaronder ʼn verhoogde hartklop.

ʼn Dokter het Dinsdag aan die paartjie bevestig Ivonne is vyf weke swanger, en ma en baba is baie gesond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

WL ·

Dog ek hy gaan haar betrap met ‘n buite egtelike verhouding.

magda d Beer ·

Ek ook so gedink! Wys jou net, mens dink altyd die ergste!

Bielie ·

Die opskrif het my ook so laat dink. Moet sê, dit het my gemaak om die berig te lees.

Gismo ·

Die opskrif het my ook nuuskierig gehad…maar ek het gedink dat dit haar hart gaan wees en so ‘n hartaanval verhoed het….oi mens se gedagtes!

Elize ·

…….ek het gedink as hulle mooi na die tye gaan kyk, gaan hulle agterkom dit was toe hulle bietjie bed-ballet gehad het…. :-) …….

Kellies ·

Sy hartklop gaan oor n paar maande vir n paar maande stadiger wees!!!! HaHa.

Eileen ·

Ek moet bieg, ek het ook aan dieselfde ding gedink, veral as jy nog na die foto kyk wat saammet die berig geplaas is. Wat ek ooknie eintlik kan verstaan nie, is hoekom sou die mense dan 10 swangerskaptoetse gaan koop? Kan verstaan dat jy dalk een, miskien 2, maar meeste 3 sou koop – alhoewel toets 1 van die begin af korrekte uitslae sou lewer. Maar nou ja, dis Amerika, en als word groot daar gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.