Is jou wagwoord op dié lys?

Argieffoto

Argieffoto

Miljoene persone se data is verlede jaar aanlyn gesteel en die sterkte van jou wagwoord bepaal of jy die volgende slagoffer gaan wees – of nie.

Sommige persone se keuse van wagwoorde is baie swak, waarskynlik omdat hulle bekommerd is dat hulle dit sal vergeet. Op Splash Data se jaarlikse lys van die 25 swakste wagwoorde, is 123456 sedert 2014 nog steeds bo-aan die lys en die woord “password” nog steeds tweede op die lys. Almal weet hulle moet dit nie meer gebruik nie, maar om een of ander onverklaarbare rede tik mense bloot die boonste ry syfers op die sleutelbord.

Ander is bietjie meer kreatief met hul patroon, soos qwertuiop (boonste ry letters op die sleutelbord) of selfs 1qaz2wsx (eerste twee vertikale lyne op die sleutelbord).

Indien jou wagwoord op die lys hieronder is, verander dit. En as jy ʼn nuwe een kies, maak seker dis nie ʼn wagwoord op dié lys nie. Moet ook nie jou gebruikernaam, regte naam of maatskappy se naam gebruik nie.

ʼn Sterk wagwoord bestaan uit kleinletters, hoofletters, syfers en simbole.

Installeer gerus ʼn wagwoordkluis op jou slimfoon indien jy bekommerd is dat jy jou verskillende wagwoorde gaan vergeet (Apple, Android, Blackberry)

Die 25 mees gebruikte wagwoorde:

  1. 123456
  2. password
  3. 12345678
  4. qwerty
  5. 12345
  6. 123456789
  7. football
  8. 1234
  9. 1234567
  10. baseball
  11. welcome
  12. 1234567890
  13. abc123
  14. 1111111
  15. qaz2wsx
  16. dragon
  17. master
  18. monkey
  19. letmein
  20. login
  21. princess
  22. qwertyuiop
  23. solo
  24. passw0rd
  25. starwars

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Loeis ·

As jy webmail, sosiale media of interneetbankdienste by internetkafees, hotelle of op enige ander ‘openbare’ rekenaar gebruik, maak seker dat jy uitteken wanneer jy klaar is. Deur die ‘browser’ net toe te maak kan beteken dat ‘n volgende persoon wat daardie web adres besoek moontlik jou rekening kan sien (ek het dit al beleef). Teken uit wanneer jy klaar is.

‘n Bykomende ‘laag’ sekuriteit is om die blaaier geskiedenis (browser history) skoon te maak en cookies uit te vee nadat jy jou rekening op ‘n gedeelte rekenaar gebruik het.

Deur jou wagwoorde elke paar maande te verander verseker jy ook dat ‘n gelekte wagwoord nutteloos word.

Dit is ook in die algemeen goeie beleid om e-pos, sms’e en sosiale media te beskou asof dit nie werklik privaat is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.