Kies wat jy op Facebook wil sien

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Facebook is ongetwyfeld die gewildste sosialemedianetwerk met meer as 1,65 miljard maandelikse aktiewe gebruikers.

Dit is die maklikste manier om met jou vriende en familielede dwarsoor die wêreld te kommunikeer en op hoogte te bly met hulle wel en weë.

Jy kan jou Facebook verander om presies te wys wat jy graag wil sien, en jy kan tot ʼn mate beheer uitoefen oor die algoritme wat dié platform gebruik om jou vriende se inligting met jou te deel.

Is daar sommige vriende wat jou Facebook-blad oorstroom en jy wil dalk nie al hulle doen en late sien nie? Besoek gerus hierdie bladsy om jou vriende te organiseer. Jy sal dan al hoe minder van dié persoon se aktiwiteit op Facebook sien en die goeie nuus is dat hulle nooit sal weet jy het hulle afgegradeer nie.

Jy kan ook individuele persone se profiele oopmaak en dan kies hoeveel van hulle plasings jy wil sien.

Indien jy op jou rekenaar is, kan jy die persoon se persoonlike profiel oopmaak, klik op “Friends” en dan kan jy kies of jy kennisgewings wil ontvang elke keer wanneer die persoon iets plaas, en of jy die persoon as ʼn “close friend” beskou (sien dan baie meer van hul plasings) of slegs ʼn “acquaintence” (sien dan baie minder van hul plasings). (Sien aangehegte skermskoot.)

Indien jy op jou selfoon is, kan jy die persoon se persoonlike profiel oopmaak, klik op “following” en dan op “see first” (sien aangehegte skermskoot).

Om seker te maak dat Facebook ook nie te veel siftingswerk doen om te bepaal wat jy gaan sien of nie gaan sien nie, kan jy in die linkerkantste kolom op jou tuisblad klik op “Most Recent”. Op die Facebook-app op jou slimfoon kan jy ook op “Most Recent” klik onder die “Favorites”-spyskaart. Dit sal nie Facebook se algoritme heeltemal afskakel nie, maar dit sal waarskynlik help dat jy ʼn verskeidenheid van persone op jou Facebook-blad sal sien.

Is jy besorg dat jy ʼn Facebook-blad, soos Maroela Media, ge”like” het, maar jy sien nie dié artikels op jou Facebook nie?

Indien jy die betrokke Facebook-blad op jou rekenaar oopmaak, kan jy bloot op die “Liked”-knoppie gaan staan en dan klik jy op “See first” (sien aangehegte skermskoot).

Indien jy op jou selfoon is, kan jy die betrokke Facebook-blad oopmaak, en dan gaan staan jy op “Following” en klik op “See first”.

Jy kan Facebook ook “leer” waarvan jy hou: wanneer jy van iemand of ʼn Facebook-blad se plasing hou, klik op die skakel, reageer daarop, lewer kommentaar, ens. Facebook “leer” dan dat jy van daardie persoon of blad se inligting hou en sal soortgelyke inhoud aan jou bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ISmit ·

Hierdie sou baaaaie handig gewees het, indien dit ook “likes” kon sif.
Mens kan absoluut niks daaraan doen as jou “friends” nie hul eie privaatheid stellings veerander nie, en gaan aanhoudend elkeen se broer se baba fotos sien…
Om almal te “unfollow” of “unfriend” is ook nie altyd ‘n oplossing hiervoor nie…

Techoorspoel ·

Neewat, as ek iemand se stories wil hoor bel ons mekaar of ek klim in die kar en ry daarheen. Outyds ja, maar ek hou daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.