Koffie saam met Wouter: Hoe veilig is bitcoin?

wouter-snyman-02

‘n Skermskoot uit die video.

Noudat ons uitgevind het wat bitcoin is en hoe dit ontstaan het, wil Maroela Media weet hoe veilig kriptogeldeenhede soos bitcoin is.

Wouter Snyman, uitvoerend hoof van attooh!, het oor ʼn koppie boeretroos vir die span van Maroela Media verduidelik net hoe veilig die soort kriptogeldeenhede is.

Snyman sê die tegnologie waarop kriptogeldeenhede gebou is, is veilig, maar dit is steeds spekulatief om in bitcoin te belê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rupert Ashford ·

Die tegnologie gaan die wereld verander. Die geldeenhede is eintlik bysaak.

Casper Labuschagne ·

Daar is ‘n ekonomiese waarheid wat bepaal dat die stelsel wat Bitcoin beveilig omseil sal word. Die totale waarde van alle Bitcoin is so ‘n aanloklike teiken dat baie kundiges daaraan werk en dat iemand sal slaag.

khat ·

ek persoonlik dink bidcoin is n klomp skelm gemors ek het aangesluit en ek hoor niks na ek my geld oor geplaas het enby support@webtrade is hulle e mail en tot vandag het ek niks gehoor wat van my geld geword het nie en dit is al die einde van november so dis waarom ek se dis n scam

Casper Labuschagne ·

@khat Jy is doodreg, dit was ‘n konkelary wat jou om die bos gelei het. Jy is om die bos gelei deur ‘n organisasie met die naam Bidcoin terwyl die kriptogeldeenheid Bitcoin heet. Kriptogeldeenhede verkeer tans steeds in ‘n borrel waar spekulante inklim met die uitsluitlike doel om geld te maak, eerder met die eintlike doel om dit te gebruik as betaalmiddel. ‘n Ekonomiese borrel is nie tot kriptogeldeenhede beperk nie, dit het al gebeur met die Hollandse tulpe in die 17e eeu. Deur al hierdie borrelmarkte loop die goue draadjie van gretigheid. Ek het seker ‘n dekade gelede twee Bitcoin besit. Ek het hulle gekry vir minder as $10 en het hulle verkoop vir $17 en ‘n 70% wins was toe ongelooflik – daar is twee beproefde maniere om geld te maak deur te spekuleer en dit is om te vroeg te koop en om dan te vroeg te verkoop. Net daarna het Bitcoin weer geval na minder as die waarde wat ek dit voor gekry het. Bitcoin is primêr ‘n betaalmiddel in die kuberruim en nie ‘n geldeenheid geskik as ‘n belegging nie – daar is geen ingeboude waarde in Bitcoin nie, behalwe vir vraag en aanbod daarvan plus die feit dat die voorraad oor die lang termyn beperk is. Daarby word die Bitcoin prys erg verwring deur spekulante.

Braam ·

Bitcoin kan bykans enige plek gebruik word, in jou plaaslike supermark, petrolstasie, klerewinkel, restaurant enige plek waar Visa Kaart aanvaar word kan jy jou Bitcoin Kaart gebruik net ssos jy jou normale Visa Dt of Kt bank kaart kan gebruik. Bitcoin gaan die internasionale betaal middel word. Baie maklik om jou Bitcoin enige plek in die wereld te gebruik.

Braam ·

Ek dink nie jy het dit na die regte Bitcoin Wallet oorgeplaas. Dit neem net paar minute om jou geld te kry in jou Bitcoin Wallet. Miskien het jy verkeerde persoon gevra om jou te help en het hy/sy jou gesluk. Bitcoin by regte platvorms is baie veilig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.