Koffie saam met Wouter: Is bitcoin ʼn soort slenter?

wouter-snyman-03

‘n Skermskoot uit die video.

Suid-Afrikaners praat deesdae met groot opgewondenheid oor kriptogeldeenhede soos bitcoin, maar daar is ook dié wat vinnig waarsku dit is net nóg ʼn finansiële seepbel wat binnekort gaan bars.

Maroela Media het met Wouter Snyman, uitvoerende hoof van attooh!, oor ʼn koppie boeretroos gaan gesels om uit te vind of bitcoin ʼn slenter is.

Hy gee ook ʼn bietjie raad om jou swaarverdiende geldjies veilig te hou indien jy kriptogeldeenhede soos bitcoin koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter Du Plessis ·

Graag Wil ek byvoeg by kommentaar dat sou jy BTC Koop en verkoop. Dit gaan nie net Val nie die statestiek ways dat dit op gaan meer as die val en die tegnologoe agter BTC is dat dit skaarsheid gaan beryk en sodoende ontsaglike hoë waarde gaan hê. maw dit is nie ‘n get rich quick Selma nie maar ‘n Lang termyn belegging.

Casper Labuschagne ·

@Pieter, ek sou aanvoer dat BTC slegs in die lig van ‘n Internetbetaalmiddel gesien moet word, ongeag van die prys daarvan. Vir spekulante het BTW waarde tydens ‘n stygende fase, maar dit is bloot as spekulatiewe eenheid. Bitcoin se tegnologie is goed en tot nou toe relatief sekuur, maar dit verg nie groot ondernemings om oneindig alternatiewe geldeenhede te skep wat op dieselfde model geskoei is nie. Daarby word BTC nie deur enige organisasie of staat gerugsteun nie, inteendeel die ontwerper daarvan is steeds onbekend en daar is geen maatskappy soos bv IBM of MicroSoft wat enige vorm van waarborg verleen dat die produk oor ‘n lang termyn ondersteun gaan word of reggestel sou word, sou kuberkrakers in die tegnologie ‘n inbreek maak nie.

Hierdie BTC borrel het inderdaad kleiner geword, maar is nog geensins geprik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.