Kry só die poskantoor se digitale posbus

Die Suid-Afrikaanse poskantoor (Foto: Wikipedia)

Kliënte van die Suid-Afrikaanse poskantoor wat hul posbusse voor die einde van dié jaar hernu, kwalifiseer vir ʼn gratis lewenslange digitale posbus wat hulle onder meer in staat sal stel om privaat dokumente veilig te stoor.

Craig Mooi, ʼn woordvoerder van die SA Poskantoor, sê dié organisasie wil ʼn veilige kommunikasieplatform vir kliënte skep wat gebruik kan word vir die stuur en ontvang van elektroniese pos, maar ook ʼn geënkripteerde stoorfasiliteit insluit waar belangrike elektroniese dokumente veilig bewaar kan word.

Dié elektroniese posbus sluit ook ʼn veilige betaalopsie in sodat kliënte met dieselfde stelsel in ʼn japtrap rekeninge kan betaal.

“Posbusse is geredelik beskikbaar en veilig,” sê Mooi.  “Met dié digitale posbus kan ons kliente hulle e-posse en rekeninge op meer as een platform kry.”

Die jaarlikse huurgeld vir ʼn posbus is R450 en R1 800 vir ʼn privaatsak – beide opsies sluit die elektroniese posbus in indien dit voor die einde van die jaar hernu word. Posbusse kan by enige poskantoor landwyd betaal word of met ʼn debietkaart, kontant of tjek op die SA Poskantoor se webwerf.

Vir enige navrae, kan die inbelsentrum gekontak word deur 0860 086 860 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Ek vertrou jul ongelukkig nie en sal gevolglik bly by Postnet en my elektroniese dokumentasie op Cloud bewaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.