Kuberkrakers het glo die gebruikersname en wagwoorde vir meer as 270 miljoen e-posadresse van Yahoo, Gmail en Hotmail gesteel.
Volgens Reuters word 40 miljoen Yahoo-rekeninge, 33 miljoen Hotmail-rekeninge en 24 miljoen Gmail-rekeninge geraak.
The Inquirer berig Google, Yahoo en Microsoft stel intussen ondersoek in na die voorval. Volgens Hold Security word die gebruikersname en wagwoorde in die Russiese “kriminele onderwêreld” verhandel.
Gebruikers wat Yahoo-, Gmail- en Hotmail-rekeninge het, is aangeraai om hul wagwoorde te verander.
Ooo Hene nou gaan ek nog meer gemorspos kry en ook skatryk word met al die pryse wat ek gaan wen. dalk nog `n Russiese vrou ook kry.
?????