Kweek groente en kruie met dié hidroponiese stelsel

Die PlantPod® is ʼn kompakte, esteties aangename, lae-energie hidroponiese stelsel wat vir die huismark, asook vir kommersiële gebruik ontwikkel is.

Die PlantPod® is ideaal vir die kweek van groente en kruie en gewasse met ‘n fyn wortelstelsel soos bv. lusern en ʼn groot verskeidenheid kruie en slaaie. Waterverbruik word beperk tot die behoefte van die plant wat tot gevolg het dat die minimum water vermors of verlore gaan.

Eienskappe

  • Die PlantPod® is kompak, en benodig ‘n klein vloeroppervlak van slegs ongeveer 0.5 m2.
  • Die ontwerp van die PlantPod® is dekoratief aantreklik, en die reservoir kan geverf word om by enige omgewing of dekor te pas.
  • Die unieke podstelsel verhoed dat die plante se wortels uitdroog indien die krag van tyd tot tyd afgaan en dit is beter vir die plant se wortels om nou en dan lug te kry.
  • Die reservoir/basis is van versterkte sement vervaardig om gewig en stabiliteit aan die stelsel te gee. Die gewig verseker dat die stelsel nie maklik sal kantel, of dat kinders dit kan omtrek nie.
  • Die reservoir se kapasiteit is ongeveer 35 ℓ-water wat verder bydra tot die stabiliteit van die stelsel.
  • Die stelsel is ontwikkel vir geringe onderhoud en dit is net nodig om die watervlak, pH, en voeding na te gaan. Die PlantPod® gebruik min krag aangesien die pomp op ‘n tydstelsel werk en die pomp kan opsioneel ook aan ʼn sonpaneel gekoppel word.

PlantPod®-stelsel

Die stelsel bestaan uit die volgende komponente:

  • Sement-reservoir
  • 2 m-pyp met 28 geïntegreerde PlantPod®-bakke
  • 28 netpotte
  • 32 “coir”-houers
  • Pomp
  • Tydskakelaar
  • Voeding

Potensiële kopers

Die PlantPod® is ontwikkel met die kweker van slaai en kruie as die hoofmark. PlantPod® is uiters geskik om op klein of beperkte spasies opgerig te word om die kweker in staat te stel om op ‘n deurlopende basis vars groete en kruie tot sy beskikking te hê.

PlantPod® is in verskillende groottes beskikbaar wat by produksiebehoefte van die privaat gebruiker tot kweker en kommersiële boere, aangepas kan word. Enkelpyp, dubbelpyp en tripelpyp-stelsel sowel as 6 m-lengte pype kan met die PlantPod® geïntegreer word.

Plante, voeding en versorging

Alle plante met fyn wortelstelsels kan in die PlantPod® verbou word.

Daar is twee metodes wat tans gebruik word om die plante te groei, naamlik om die saad in ʼn “coir”-houer te plant of om klein saailinge direk in die “netpot”, wat deel vorm van die PlantPod®, te plant. Beide metodes is getoets en is suksesvol bewys.

Die plantvoeding word direk in die water opgelos en word deur die stelsel na elke planthouer gevoer. Die hoeveelheid voeding wat toegedien moet word verskil van plant tot plant en die konsentraat van die voeding word bepaal deur die elektriese konduktiwiteit van die water te meet nadat die voeding in die water gevoeg is.

Die pH van die water is net so belangrik en moet op ‘n gereelde basis gemeet word. Indien die pH nie die regte waarde het nie, sal die plante nie die voeding optimaal opneem nie. Die plante moet ook gereeld vir enige soort peste en siekte ondersoek word.

Besoek die webwerf: PlantpodZA
Besoek PlantPod® by Sakeliga KragDag 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.