Daar is gewoonlik tussen 10 000 en 12 000 aktiewe kommersiële vlugte reg oor die wêreld op enige gegewe tyd.
Soos dit oor Amerika afneem, neem dit toe oor Asië soos die dag en nag verander. Covid-19 het wel ʼn reusagtige impak op vlugte, plaaslik en internasionaal. Daar is tans slegs 4 319 aktiewe kommersiële vlugte in die wêreld. Dit beteken dat minstens 7 681 aktiewe vliegtuie tans iewers geparkeer is, en hul bemanningslede nie aktief besig is om te werk nie.
Reisagente het hul hande vol om mense te probeer tuis kry soos lande hul grense sluit. Een van ons kollegas by Maroela Media se eie gesinslede is nou in Kambodja vasgekeer vir die volgende 21 dae.
Die enorme impak weens vlugte wat gekanselleer is, strek baie verder as wat ʼn mens dink. Van die grootste lugrederye het al groot gedeeltes van hul vlote geparkeer. Hul personeel is op verpligte verlof geplaas en ander lugrederye maak eenvoudig hul deure toe.
Daar is wel ʼn voordeel wat in dié tyd gevind kan word. Die globale lugbesoedelingsyfers is besig om merkwaardig af te neem. Die enorme vermindering van stikstofdioksied in die atmosfeer is direk verbind aan die opskorting van industrieë wat fossielbrandstof gebruik. Die vermindering van die besoedeling is ongelukkig nie ʼn druppel in die emmer as ʼn mens die ekonomiese gevolge in berekening bring nie
Só lyk die lugruimte bo Suid-Afrika tans:
Só lyk dit reg oor die wêreld: