Kyk wie is Instagram se nuwe hoogsbetaalde bekende

Dwayne Johnson (Foto: Instagram via @therock)

Dwayne “The Rock” Johnson (48) is onlangs aangewys as Instagram se nuwe hoogsbetaalde bekende. Kylie Jenner, Selena Gomez en Cristiano Ronaldo het voorheen met dié titel gespog.

Johnson het tans 189 miljoen volgelinge op dié sosialemediaplatform, in vergelyking met Kylie Jenner se 184 miljoen volgelinge.

Volgens die sosialemedia-bemarkingmaatskappy Hooper HQ, kan Johnson nou sowat $1 miljoen (meer as R16 miljoen) vir ʼn enkele advertensie-plasing op sy Instagram-rekening ontvang. Jenner word sowat $986 000 (sowat R16 miljoen) betaal en Ronaldo $889 000 (sowat R15 miljoen).

Kylie Jenner (Foto: Instagram via @kyliejenner)

Kim Kardashian West en Ariana Grande maak die res van die top-vyf hoogste betaalde Instagram-rekeninge op.

Johnson is in 2019 deur Forbes aangewys as die hoogsbetaalde akteur in Hollywood, deels as gevolg van die sukses van die Jumanji-rolprente waarin hy die rol van dr. Smolder Bravestone vertolk. Hy het ook sy eie alkoholhandelsmerk, Teremana Tequila, en ʼn produksiehuis genaamd Seven Bucks Productions.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.