Lae-energie LED-ligte deur Afrison

Foto verskaf deur Afrison

Afrison is ʼn plaaslike vervaardiger van industriële LED-ligte.

Dié maatskappy ontwikkel en vervaardig hoë kwaliteit kommersiële, industriële en mynbou LED-ligte. Afrison skep volhoubare waarde vir kliënte deur toegewyde diens, en baanbrekerstegnologie wat fokus op energie-effektiwiteit en kwaliteit. Die maatskappy fokus op, en neem deel aan energiebesparende inisiatiewe reg oor suidelike Afrika en glo in die bewaring van ons natuurlike hulpbronne.

Afrison is gegrond op die volgende waardes en beginsels:

  • Verskaffing van ongeëwenaarde kwaliteit
  • Verskaffing van etiese, eerlike en deursigtige diens
  • Die skep van ʼn maatskappy-atmosfeer waar motivering, innovering en toewyding bestaan en lei tot ʼn omgee vir kliënte en personeel
  • Afrison aanvaar sy maatskaplike- en omgewingsverantwoordelikheid
  • Afrison poog om die regte dinge reg te doen.

Afrison bied die volgende nywerheidsprodukreekse aan sy kliënte:

  • Drakensberg-laeprofielreeks (plaasvervanger vir buisligte beskikbaar vanaf 7 W tot 80 W)
  • Meru-spreiligreeks beskikbaar vanaf 25 W – 150 W
  • Kilomanjaro- hoëmas- of hooghangende fabrieksligte (“high bays”) beskikbaar vanaf 100 W tot 800 W
  • Majuba-straatligreeks beskikbaar vanaf 25 W tot 200 W
  • Die Everest 520- “alle terrein lig” wat plase tot myne tot sportvelde belig.
  • Al die bogenoemde ligreekse kom standaard met ʼn vyfjaar-vervaardigerswaarborg.

Wat maak Afrison ligte anders?

Foto verskaf deur Afrison

Van Rooy van den Berg, besturende direkteur van Afrison, sê kwaliteit is deurgaans ononderhandelbaar vir die maatskappy. “Daarom word al ons ligte deur SABS en/of ander relevante sertifiseringsinstansies getoets en gesertifiseer. Op die produksievloer word elke lig deurgaans getoets, en voor verpakking brand elke lig ʼn nag lank in die Afrison-toetskamer. Wanneer ons ʼn lig versend, weet ons hy werk!”

Verder is Afrison op die voorpunt met drywerlose tegnologie. Meeste LED ligte word vervaardig (in China) met ʼn “drywer” wat die elektriese stroom beheer. Die realiteit van Afrika-toestande met “vuil” krag het geleer dat die drywers die grootste komponente-probleem oplewer. Daarom het Afrison gefokus op drywerlose tegnologie, wat die afgelope 10 jaar bewys is as die volhoubare roete vir Afrika LED’s. Duisende Afrison-ligte by talle myne, fabrieke, munisipaliteite en plase bewys hierdie stelling oor jare heen.

Laastens is almal bewus daarvan dat Suid-Afrika se kragtoevoer soms onbetroubaar is. Kragdalings (“dips”) en -stuwings (“spikes”) is aan die orde van die dag. Om ons kwaliteit selfs nog te verbeter, bou Afrison in alle ligte (die Drakensberg-reeks uitgesluit) ʼn “beskermingseenheid wat die lig beskerm teen oneweredige krag. Hierdie beskermingsbordjie met smeltdrade is maklik en spotgoedkoop om te diens of selfs te vervang waar daar kragdalings of -stuwings was.

Besoek die webwerf: Afrison

Besoek Afrison by Sakeliga KragDag 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.