Langer twiets dalk binnekort ʼn werklikheid

Jack Dorsey, medestigter en uitvoerende hoof van Twitter

Jack Dorsey, medestigter en uitvoerende hoof van Twitter

Twitter oorweeg om ná bykans 10 jaar sy beperking van 140 karakters op twiets op te hef.

Jack Dorsey, medestigter en uitvoerende hoof van Twitter, het Dinsdag die voorstel gemaak dat Twitter langer boodskappe moet toelaat.

Die sosialemedianetwerk het met die eerste weergawe die beperking van 140 karakters gestel, gebaseer op SMS’e.

Dorsey het gesê die 140 karakter-beperking het bondigheid aangemoedig en kreatiwiteit bevorder. Hy voeg by bestuurders by Twitter het opgemerk dat gebruikers soms ʼn langer boodskap wil skryf. Hulle maak dan van teksskermskote gebruik om die 140 karakters te omseil.

Volgens Dorsey sal langer twiets dit moontlik maak dat die teks in die inligting gesoek kan word – iets wat nie met die skermskote moontlik is nie.

Die Wall Street Journal het vroeër berig die verandering kan beduidend wees – tot moontlik 10 000 karakters. Dié beperking is sedert Julie beskikbaar wanneer gebruikers aan mekaar boodskappe wou stuur.

Indien die beperking opgehef word, sal slegs die 140 karakters op ʼn gebruiker se Twitter-stroom vertoon, hy of sy sal op die twiet moet klik om die res van die boodskap te lees.

Dorsey se uiteindelike doel is om Twitter meer aantreklik te maak vir beginners om groei te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.