Ma vas wat tuisgemaakte etes op Facebook verkoop

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou van Kalifornië is in hegtenis geneem en kan moontlik tronkstraf opgelê word nadat sy tuisgemaakte etes op Facebook verkoop het.

Mariza Ruelas was nie bewus daarvan dat haar stokperdjie, om etes uit te ruil en soms te verkoop onwettig is nie. Die ma van ses voer aan sy het nie geweet sy sou in die hof, en moontlik die tronk, beland nadat sy etes deur die Facebook-blad, 209 Food Spot, verkoop het nie.

Ondersoekbeamptes in San Joaquin het meer as ʼn jaar lank glo die Facebook-groep dopgehou, berig die Washington Post.

Ruelas staan tereg op twee aanklagte dat sy ʼn kosfasiliteit sonder ʼn permit bedryf het en sake gedoen het sonder ʼn lisensie.

Een van die ondersoekbeamptes, wat die Facebok-groep geïnfiltreer het, het selfs ʼn ete van haar bestel.

Sy voer aan die staat het ʼn pleitooreenkoms aangebied met dubbel die hoeveelheid gemeenskapsdiens wat ander groepslede opgelê is, plus ʼn drie jaar opgeskorte vonnis, in vergelyking met een jaar vir haar groepslede en ʼn boete van $235.

Sy het egter geweier om die pleitooreenkoms te onderteken, en sy berei nou voor vir haar hofsaak. Sy kan tot een jaar tronkstraf opgelê word.

Ruelas het twee jaar gelede die Facebook-groep ontdek toe sy ʼn verjaarsdagkoek vir haar dogter gesoek het. Die “209 Food Spot” laat mense in Stockton toe om kos en etes te verkoop, resepte te deel, en goedere uit te ruil. Aangesien Ruelas dit slegs as ʼn stokperdjie beskou het, het sy nooit daaraan gedink om ʼn permit te bekom vir die kos wat sy een of twee keer per maand verkoop het nie.

Staatsaanklaer Kelly McDaniel het aan die plaaslike televisiestasie KTLA gesê sy skryf nie die wette nie, sy pas dit net toe. “Volgens die wetgewer is ʼn misdaad gepleeg,” het sy gesê. “Etes wat voorberei word in ʼn fasiliteit wat nie aan inspeksies onderhewig is nie, kan ʼn risiko wees vir die publiek.”

Volgens McDaniel is ʼn waarskuwing op die Facebook-groep gepubliseer voor aanklagte aanhangig gemaak is.

Ruelas het in ʼn onlangse Facebook-plasing gesê die ondersoek is “ʼn mors van tyd, hulpbronne en belastingbetalers se geld”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jean ·

Belaglik, ek verstaan as mense siek geraak het van die kos of sy dit op iemand afgedwing het, maar sy het bloot ‘n inkomste daardeur probeer maak, en ‘n lekker dis met mense gedeel, en niemand het gekla nie, behalwe weer die jaloerse mense wat nie kon sien dat iemand anders inisiatief gebruik nie. Gee haar ‘n lisensie, in plaas van om haar in die tronk te gooi of ‘n boete op te le. Die groep nogals geinfiltreer? Hoeveel tyd het julle hieraan spandeer? Een of tweekeer ‘n maand het sy die kos aan mense verkoop . sjoe duidelik het die ondersoekbeamptes daar baie minder om te doen as hier, en baie minder ernstige misdade waaraan hulle geld en man-ure spandeer.

Santjie stoof ·

Jean ek stem 100% saam.
Gee daai vrou n medalje.
You go girl!!!

Reguleerdier ·

Ons in SA het n app wat dit aanmoedig, zaputa of so iets, ek het die advertensie op radio gehoor, ek wonder of die valke hulle ook “dophou en infiltreer”.

Asjas ·

Dit klink nou na ‘n goeie plan. Vriendinne wat resepte uitdeel en kos, waarvoor die ander vriendinne haar vergoed vir uitgawes aangegaan. Ek sien nie hoekom jy ‘n lisensie moet he om aan ‘n “klub” te behoort nie?

Basson ·

Amerika is lankal al ‘n polisiestaat wat daarop uit is om gewone landsburgers dmv nietige aanklagte te kriminaliseer. Hopelik verander dit nou onder Trump.

LS ·

Dit is BELAGLIK !!!
Kyk, net wanneer ek dink ek het nou ALLES gehoor, is daar nog iets MEER BELAGLIK as die vorige keer. Ek meen…… REGTIG ???

Denise ·

Dit is nou regtig belaglik een of twee keer n maand kos te verkoop is nie n besigheid nie en wat as sy dit doen hel die mense is k..k vervelig om n vrou wat kos verkoop dop te hou of wil sy nie aan hulle kos verkoop nie !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.