ʼn Kamera wat ook kan bel

Kodak Elektra

Kodak Elektra

Slimfone word gewoonlik toegerus met uitstekende kameras, maar Kodak en die Bullit Group het sopas die nuwe Kodak Ektra bekend gestel – ʼn slimfoon wat spesifiek vir fotograwe ontwerp is.

Die slimfoon het ʼn 21 megaspikkel- vinnige fokus kamerasensor met f2.0-lensopening en ʼn 13 megaspikkel- voorste kamera met outofokus en f2.2-lensopening.

Die doegemaakte kamera-app word beheer deur intuïtiewe aanraking en verstellings kan dadelik gemaak word danksy HDR, landskap, portret, makro, sport en panorama of outomaties.

In “manual”-mode kan gevorderde gebruikers die ligopening, ISO, fokus, wit balans en sluiterspoed stel en die resultaat is dadelik op die skerm sigbaar soos veranderinge aangebring word.

Die Kodak Ektra-slimfoon het ʼn toegewyde dubbel-sluiterknoppie in die horisontale styl van tradisionele kameras. Die toestel het ook ʼn Super 8-app en bied professionele effekte soortgelyk aan Kodak se ikoniese Super 8-film.

ʼn Helio X20-verwerker bied genoeg krag en spoed vir dié Android Marshmallow-slimfoon.

Die kamera sal later vanjaar in Europa beskikbaar wees.

Lees die volledige besonderhede op Kodak se webwerf met alle spesifikasies hier.
Registreer hier om op hoogte te bly wanneer die Kodak Elektra beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louis Prinsloo ·

Slim gedink, smart foon+hoë kwaliteit kamera vir kenners alles saam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.