Netflix in SA nou goedkoper

Argieffoto

Netflix het bevestig hy gaan voortaan ʼn vaste tarief vir intekenare in Suid-Afrika vra.

Suid-Afrikaanse intekenare het voorheen in dollar vir hul intekening betaal en dus het die prys van die wisselkoers tussen die rand en dollar afgehang.

Miche Africa, ʼn woordvoerder van Netflix, het gesê die verandering geld van 28 Augustus.

Volgens die nuwe vaste tariewe sal Netflix se basiese opsie nou R99 per maand kos, R139 vir die standaardopsie en R169 vir die premiumopsie. Die drie opsies het voorheen onderskeidelik $7,99, $9,99 en $11,99 gekos. Sou die rand tot R12,40 versterk, sal dit goedkoper wees om in dollar vir Netflix te betaal.

Volgens Africa is daar nuwe produkeienskappe aan die algehele Netflix-ondervinding en sal dit verseker dat Suid-Afrikaanse kykers altyd iets kan vind om te kyk.

“Sedert Netflix in Januarie 2016 in Suid-Afrika bekend gestel is, het die inhoudsbiblioteek met meer as 500% gegroei.” Volgens Africa sal Netflix ook voortgaan om inhoud wat in Suid-Afrika ontwikkel is op sy platform te plaas.

Die verskille tussen Netflix se opsies

Netflix se basiese opsie laat ʼn gebruiker toe om inhoud in standaarddefinisieresolusie te stroom en net van een toestel op ʼn slag.

Die standaardopsie laat ʼn gebruiker toe om inhoud in hoëdefinisieresolusie te stroom van twee verskillende toestelle tegelykertyd.

Die premiumopsie laat gebruikers toe om inhoud in ultrahoëdefinisieresolusie te stroom van vier verskillende toestelle tegelykertyd.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Charles ·

Netflix= die “Democratic National Convention[DNC]/NWO” se “1984esque” propaganda arm, vermy asb. soos die pes!

Tobie Klarens ·

Charles is absoluut korrek. Ontkenning van die werklikheid, maak dit nie onwaar nie. Dit verklaar in n groot mate waarom SA in die gemors is- onkunde en ontkenning.

Reinhardt ·

Waarmee is jy besig ou maat? Dis n goedkoop opsie vir vermaak, wat het dit met propaganda en 1984 uit te waai?

Ek noem dit weer, ek ken nie n persoon onder 30 met DSTV nie. Nie eens die sportliefhebbers nie.

ertjie ·

Reinhardt, 1984 is die titel van n George Orwell boek met n film van dieselfde naam. En om te dink dit was 1949 reeds uitgegee……

Charles mag dalk n punt he, die media is al vir lank reeds n meganisme vir groter organisasies om mee te manupileer en te brein spoel. Gaan kyk enige moderne Disney fliek en die librale temas wat van vroeg af op kinders afgedwing word sal duidelik te bespeur wees, as n voorbeeld.

Haas ·

Het DSTV gestaak. Kyk nou NETFLIX, wat ek wil, wanneer ek wil, en geen herhalings nie.

Enigste probleem wat ons het is die “binge watching”…. Die huis mense wil nie gaan slaap nie…..

Dee ·

Binge watching (lol) Dis presies ons probleem ook! My TV was in maande nog nie aangeskakel nie.

CK ·

Ons as gesin geniet Netflix daar is regtig iets vir elke smaak.

Afrikaanse Knaap ·

Dankie NetFlix. Julle manne verstaan. DSTV sal nou moet sokkies optrek.

Albatros ·

Ek het kort na my nuwe internet lyn (fibre) vir my Netflix aangeskaf. Dit was nie lank voor ek besef het, omtrent al hulle programme is ‘ver links’ propoganda nie (cultural marxism). Die probleem is, ek kon dit verstaan en verwerk, maar my kinders was nog te jonk. Hulle was konstant met elke ‘kinder’ program daaraan blootgestel. Ek het Netflix maar kanselleer. Dit maak nie regtig saak hoe goedkoop hulle dit maak nie — die prys sal altyd te hoog wees.

Marietjie ·

Kyk ek wil al vir DSTV bel en vra hoekom moet ons ALWEER na die fliek of program kyk. Voel ek moet al elke herhaling aftrek van dit wat ons maandeliks moet betaal. Teen daai tempo gaan hulle ons moet begin terug betaal. So een van die dae pak ons daai decoder weg en vervang met Netflix of Showmax.

Ben ·

Al wat ek op DSTV gesien in 6 maande was 2 nuwe Flieks,1 nuwe NCIS episode. Al wat daar is aanhoudende advertensies van die man wat wil plant en die Hotel soek website. Die res is net Herhaalings. In vergelykings met Netflix – Geen. Ek het in 1 week meer nuwe inhoud op Netflix gesien as wat ek 6 maande by DSTV gesien het. Baie van die DSTV inhoud reekse ens is op Netflix beskikbaar. DSTV is beslis nie meer goeie waarde vir geld nie. Sport? – Dit is onaagenaam om sport te kyk waar politiek die hoofrol speel in plaas van die beste spelers – Wat ‘n gemors.

KanekVra? ·

Die mense kan kerm en kla. Ek is mal oor Netflix. Dis goedkoop, en as jy ‘n ou uitgedroogde pruim is, moenie Netflix kry nie. Jy kan in elkgeval duidelik nie alle mense gelukkig hou nie.

chantelle ·

Ek het dstv en betaal dit met n ontevrede hart-dis al AMPER R1000.00 en dan klink boxoffice so fantasties maar dis ook ekstra geld en lugtyd om die fliek uit te neem.
Dis belaglik hoe baie hulle dieselfde goed oor en oor wys …en so min nuwe flieks…….
Die enigste pyn is dat die man nie kan klaar kom sonder die sport kanaal en ek moet doodeenvoudig carte blanche kyk….IS DIT DAAI GELD WERD?

Jack Klok ·

Ek het op ‘n stadium TV gekyk, toe Mnet bygekry en na ‘n jaar of twee besef en sit my lewe om voor die TV. DSTV klink wonderlik maar dis ‘n mors van tyd en hopeloos te duur. Ek kyk nou al vir jare nie meer TV nie en mis dit glad nie. Daar is so baie ander meer opbouende dinge waarmee ‘n mens jou kan besig hou. En as ek dink aan al die subskripsie en lisensiegeld wat ek oor die jare gespaar het dan glimlag ek breed.

Sanna ·

Wonder watter kultuur eendag alles gaan oorheers en oorneem… deur net opsies uit te skakel wat afbreek doen aan integriteit is my Netflix keuses ge-halveer. Die Wiggles is by verre die beste vermaak.

Koeksuster ·

Ek lees die kommentaar oor Netflix en dat dit in so of so jaar alreeds per George Orwell boek voorspel is.

Wat George Orwell ook in die kol gehad het was Animal Farm. Almal volg soos kudde diere saam tot op ‘n punt en dan maak hulle reëls en verander reëls en sien dinge waar daar niks is nie…

DUS… as jy nie van Netflix hou nie hoef jy nie saam die stroom te gaan nie. Maak jou eie reëls en hou op negatief oor alles in die lewe wees! Dalk het SABC meer opsies vir jou maar vir die van ons wat Netflix geniet het ons darem ook ‘n goeie brein om ons eie besluit te neem en nie nodig om te hoor hoe “ver links of regs” ons keuses is nie!

…. eet die vis en spoeg die grate uit!

frikkie ·

Ek kyk popcorn flieks, netflieks ens sonder om n sent te betaal. behalwe my vuma fibre . Ek kyk dit op Youtube.

Lian ·

SABC, Netfix of DSTV? Almal is gemors wat liberalisme propageer. Ek het huideglik nog ‘goedkoop opsie’ DSTV (omdat ek nie eers meer die patetiese sport onderstuun nie!), selfde gemors elke aand. Afrikanerskap, burgerskap en christelike waardes word op alle media platforme afgebreek en steeds onderstuun ons dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.