Nuwe tegnologie kan seewater suiwer

Die navorsingspan by hul “aanleg” (Foto: Jeff Fitlow/Rice Universiteit)

Nuwe tegnologie kan seewater vir huishoudings suiwer, en dit boonop doen sonder om van elektrisiteit gebruik te maak.

Dié nuwe stelsel is deur die Rice Universiteit se Center for Nanotechnology Enabled Water Treatment (NEWT) ontwikkel, en die navorsingsverslag is in die vaktydskrif, Proceedings of the National Academy of Sciences, gepubliseer.

Die stelsel behels panele wat gebruik maak van swart nanopartikels wat sonlig absorbeer, wat nanofotone genoem word, en wat in die membraan aangebring word, wat dan die distilleringsproses aanhelp. Deur die sonlig op die partikels te fokus, kan die proses geweldig versnel word.

Konvensionele ontsoutingsaanlegte maak van groot hoeveelhede elektrisiteit gebruik, wat dit duur maak om ontsouting te doen in lande waar elektrisiteit duur is.

Met dié nuwe stelsel kan vir elke vierkante meter van die toestel se paneel ses liter skoon water opgelewer word.

Dít sonder om elektrisiteit te gebruik, of waar min elektrisiteit beskikbaar is, ’n beperkte hoeveelheid krag in te span.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Tom ·

Het nie tyd om nou te lees nie, maar geintereseerd. Ongelukkig substandaard rapportering. Elke paneel lewer 6 liter. Niksseggend, want dit kan die hoeveelheid in een minuut of in een jaar lewer.

zahn ·

En moet die membraan vervang word na die 6 liter gesuiwer is?

Theresa ·

FANTASTIESE NUUS!!!! Dank aan die span navorsers wat hierdie moontlike manier van watervoorsiening bedink en beding het. Gee asb vir ons nog inligting en artikels hieroor – dis regtig baie positiewe nuus.

Paul ·

Die partikels kan sekerlik nie “nanofotone” genoem word nie? Dit sou geen sin maak in fisika nie. ‘n Foton is ‘n foton, ‘n swart partikel van koolstof is nie ‘n foton nie.

En soos Tom ook gevra het: Hoeveel liter water kan per paneel per tydsverloop (minuut, uur, dag?) gelewer word. Ses liter per paneel met geen tydsduur gespesifiseer, is betekenisloos.

Ek het dit gaan opsoek op Rice se webwerf, en dis 6 liter per vierkante meter per uur. So ‘n toestel met ‘n vierkante meter paneel kan, met agt uur sonlig per dag, 48 liter water lewer. Dis nie vreeslik baie nie, maar Rome is nie in ‘n dag gebou nie.

Om die tegnologie verder eenvoudig te verduidelik, dis ‘n gewone membraan-distillasie toestel, maar in plaas daarvan om die soutwater te verhit, word die membraan oordek met nanopartikels van koolstof. Die sonlig val daarop, wat dit verhit en dit verhit dan die soutwater en veroorsaak dat dit na die koeler kant van die membraan beweeg soos gewoonlik. ‘n Gewone sonpaneel verskaf die energie om die water te pomp.

Henk Stander ·

Hahaha Paul, jy meen as hulle nie vir jou die informasie gee nie, dan gee jy dit vir hulle. Skrander my maat. Dankie vir die deel van die informasie.

Maroela, julle skuld vir Paul.

Kalant ·

Rice universiteit is n uitstekende universiteit, gaan kyk gerus hul verniet kortkursusse op Coursera.

Herman Toerien ·

Ek vra verskoning vir die sinsgedeelte wat weggeval het. Ek probeer nou my uitset verhoog namate my huidige kankerbehandeling ten einde loop, en hoewel ek al sterker voel, moes ek dié keer klaarblyklik nog gerus het soos wat ek tot dusver gedoen het, na ek vyfuur opstaan om te begin werk.
Nogmaals baie jammer.
Herman

Kaufman ·

Herman, ek het nie eers agtergekom daar was n fout nie. Moet gladnie jouself ooreis nie, rus baie want rus is belangrik vir herstel. Hier is baie lojale aanhangers van jou wat nie kan wag om jou uitstekende artikels te lees nie maar ons wag eerder langer sodat jy kan herstel.

jan van riebeeck ·

Herman as jy weer beter voel wil jy nie asb n opvolg op hierdie storie skryf nie , dit is baie interresant en gaan groot implikasies hê

Siestog ·

Sterkte Herman. Ja ‘n mens is altyd gewoond aan hoë standaard artikels/antwoord van jou, maar ek verstaan ten volle.

jan van riebeeck ·

ja as Herman ophou artikels skryf sien maroela my ook nie meer nie

Manie ·

More Herman. As ek reg lees verneem ek jy het kanker?? As jy regtig in die wetenskap belangstel kontak my asb en ek en my vrou gee vir jou n natuurlike kanker resep wat 200% werk. Menige mense het na ins geluister en lewe vandag nog. Die wat gedink het dit is snert of proe sleg. Hulle het ongelukkig dit noe oorwin nie. My pa is gediagnoseer met prostaat kanker, en minder as n jaar later 100% skoon. Dr’ s wil nie hier in glo nie want dan verloor hulle geld. Voel vry om ons te kontak. Vra asb vir Maroel Media om my email address vir jou re gee. Alles is verniet. Ons informasie word verniet gedeel. [email protected]

Skepties ·

Ek is baie skepties want daars honderde soorte variasies van kankers en verskillende meganismes van werking en ge3nesing, verseker nie n one size fits all ‘resep’ nie. Ek hoop nie jy probeer ons lesers uitvang of vals hoop gee nie. Wees skeptties alle lesers wat dit en soortgelyke boodskappe lees. Moet nooit die mediese wetenskap laaste stel nie, nooit. Hoor eers wat mediese spesialiste se.

Manie ·

More Herman. As ek reg lees verneem ek jy het kanker?? As jy regtig in die wetenskap belangstel kontak my asb en ek en my vrou gee vir jou n natuurlike kanker resep wat 200% werk. Menige mense het na ins geluister en lewe vandag nog. Die wat gedink het dit is snert of proe sleg. Hulle het ongelukkig dit noe oorwin nie. My pa is gediagnoseer met prostaat kanker, en minder as n jaar later 100% skoon. Dr’ s wil nie hier in glo nie want dan verloor hulle geld. Voel vry om ons te kontak. Vra asb vir Maroel Media om my email address vir jou re gee. Alles is verniet. Ons informasie word verniet gedeel.

Eish ·

Vanuit die diepte van my hart bid ek u n spoedige herstel toe.

Manie ·

Skepties. Onder geen omstandighede probeer ons enige iemand om die bos ly nie. En ja die resep werk vir alle kankers. Kanker is kanker maak nie saak watse soort nie. Ons vra geen geld nie en om die naturlike geneesmiddel te deel is ook verniet. Probeer maar gerus. So by the way het jy geweet dat chemo is inwerlikheid slanggif. Dit alleen beskadig jou enzyme selle in jou liggaam. Inteendeel is die raad nagevors in USA. Maar min mense weet daarvan. Sterkte daar as jy geld het om regtig te mors.

jan van riebeeck ·

om vandag se dokters te vertrou met jou gesondheid is net so goed jy dans naak onder die bome en dink jy gaan gesond word , ek is al twee keer deur dokters vertel ek gaan dit nie maak nie en twee keer deur n homeopaat deurgetrek , ek is perdfris en gesond vandag , sonder dat my galblaas uitgensy is soos die dokters so graag wou en ek het ook n groot bedrag gespaar op n lewer oorplanting , dit is later bewys ek het net n bakterie probleem gehad my lewer het niks makeer nie , so dokters is ek maar versigtig voor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.