Plaasaanvalle, stroping en veediefstal: Dié produkte kan ʼn verskil maak

Foto: Wildlife Consult

Plaasaanvalle, stroping en veediefstal is besig om mense se lewens te eis en almal finansieel negatief te raak. Wildlife Consult and Broking Service se produkte kan ʼn verskil maak in die beveiliging van mense, hul eiendom en diere.

“Ons moet begin om strenger op te tree wanneer dit by ons veiligheid kom,” sê Dawid Naude, direkteur van Wildlife Consult. “Ons moet begin om ons huise beter te beveilig. Toe ek met dié produkte begin werk, het ek die waarde daarvan gesien en dadelik gedink hoe dit mense kan bevoordeel en help. Dit gaan jou nie net veiliger laat voel in jou huis nie, maar indien ʼn krimineel by jou erf/plaas opdaag, is daar onmiddellik ʼn alarm wat afgaan wat jou sal waarsku. Jy kan dus die krimineel sien, maar hy kan jou nie sien nie. Dit gaan jou genoeg tyd gee om voor te berei, jou gesin te beveilig, op te tree en hulp te ontbied.”

Die produkte

Wildlife Consult se produk wat jou in kennis stel dat daar iemand op jou erf is, sluit “Intruder detection” in. Die kameras word reg om jou huis op strategiese plekke geïnstalleer. Wanneer die kamera registreer dat daar iemand in jou erf is, flikker daar ʼn geel blok om die betrokke skerm met ʼn alarm wat geaktiveer word. Roboguards word ook geïnstalleer wat mense se beweging optel, maar nie diere nie, en ʼn alarm aktiveer.

Wildlife Consult het ook ʼn reeks draagbare monukulêre produkte wat jy in jou hand kan vashou en die gebied om die huis kan skandeer – van binne die huis. Jy hoef dus nie na buite te gaan nie, jy kan veilig binne bly en hulp ontbied van jou veiligheidsmaatskappy of die buurtwag.

Die maatskappy gebruik ook termiese en infrarooikameras. “Die infrarooi werk op lig wat deur die IR Illuminators van die kamera self verskaf word en die beeld is mooi duidelik en mens kan presies sien wat om die huis aangaan. Die termiese kameras werk op hitte en mens sal dus ten alle tye enigiets wat hitte afgee om die huis kan sien beweeg,” verduidelik Naude.

Hy meen die reeks produkte help ook met die bekamping van stropery en veediefstal. “Ons het ʼn wye verskeidenheid van produkte waarna ons kan kyk vir elke situasie. Ons wil baie graag die land help om hulself te beveilig en na hul bates om te sien.”

Foto: Wildlife Consult

Spesifikasies:
• Termiese en infrarooikameras wat werk op afstande van 20 m, 60 m, 100 m en verder en groot PTZ-kameras vir afstande van 0 m tot 500 m en tot so ver as 13 km
• Draagbare termiese kameras tel enigiets op van 100 m tot en met 1.5 km+
• Die nagsigkameras tel enigiets op van 0 m tot 350 m en verder

“Dit hang alles af van jou spesifieke behoefte en hoe ver jy moet kan sien,” voeg Naude by. “Die kameras en stelsels is nie net vir plase nie, maar ook vir huise, fabrieke, nywerheidsgebiede, skole, ens. As jy ʼn kamerastelsel wil installeer, kan ons jou help. Ons gebruik slegs die nuutste tegnologie en installeer nie ou produkte/toerusting wat van die mark af sal verdwyn nie. Ons maak seker jy het kwaliteit produkte.”

Skakel Dawid Naude by 076 535 0982 vir meer inligting of besoek die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.