Plaasveiligheidstelsel doeltreffend deur radiokommunikasie

RTS is ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy met ʼn magdom ervaring in die ontwerp, vervaardiging, installasie en onderhoud van die radiokommunikasie-infrastruktuur. ʼn Groot verskeidenheid eie produkte vorm deel van RTS se reeks.

RTS het begin as ʼn baie klein tweerigtingradio-onderneming en het gegroei tot een van die leiers in die gebied van tweerigtingradiokommunikasie in Suid-Afrika.

RTS het ʼn unieke en onbemande plaasveiligheidstelsel wat tans deur duisende boere in Suid-Afrika gebruik word. Die stelsel kan vir verskeie toepassings geprogrammeer word, is 100% betroubaar en ʼn enig-in-sy-soort MARNET- geïntegreerde stelsel. Hierdie stelsel is nou al vir jare in werking in die meeste provinsies reg oor Suid-Afrika.

Dié unieke stelsel kombineer radio- en selfoontegnologie in een produk en integreer maklik met bestaande en nuwe landelike veiligheidsplanne.

Die stelsel is ontwerp om selfonderhoudend en heeltemal onbemand te wees en die spoed en doeltreffendheid van die hele stelsel staan dus uit bo ander stelsels.

Buiten die plaasveiligheidstelsel het RTS ook ʼn wye reeks lisensievrye en professionele radio’s beskikbaar asook 4×4-toerusting, bv. wenaste. Bekende name soos die Bosvark en Yztervark-radio’s vorm deel van die reeks lisensievrye radio’s waarop RTS baie trots is.

RTS voorsien ʼn verskeidenheid tweerigtingradio’s aan onder andere buurtwagte, IP-radio’s met landswye reikafstand onder die iWalkie-handelsmerk. RTS se wye reeks radio- en kameraprodukte dek verskeie aspekte van persoonlike sekuriteit.

Die maatskappy het ook ʼn ten volle toegeruste werkswinkel, en tegnici wat landswyd werk. Die verkoopspersoneel en naverkope-diens word alles vanaf een perseel behartig, en vriendelike personeel is altyd gereed om jou te help. RTS het ook handelaars landswyd om uitstekende diens te waarborg.

Met die iWalkie se DV-3950-radio’s – waar selfone en “trunking” ontmoet – word die iWalkie-kliënt verras met helder en duidelike landwye kommunikasie wat geskik is vir ʼn breë besigheidspektrum vanaf die regering, veiligheid, spoorvervoer, industriële en kommersiële gebruikers. Geen herhalers of lisensies is hier nodig nie.

iWalkie laat sy gebruikers toe om privaat (een-tot-een) of groepsgesprekke (een-tot-baie) binne verskillende groepe en kombinasies te voer. iWalkie neem alle kommunikasie op vir terugspeel ná die tyd, die ware-tyd en historiese “tracking” van al die iWalkie-kommunikasietoestelle is ook beskikbaar. Die iWalkie- DV-3950-radio is ʼn aanwins vir enige onderneming.

‘n Versending-sagtewareoplossing is beskikbaar vir kliënte met ‘n beheerkamer, waar die operateur met al die toestelle kan kommunikeer.

RTS kan dus in ʼn baie groot verskeidenheid verskillende kommunikasiebehoeftes voorsien.

Die maatskappy vervaardig en installeer ook ’n groot verskeidenheid van maste wat deur RTS se strukturele ingenieurs ontwerp word. Die maste kan vrystaande wees tot ’n hoogte van 60 meter of met kabel geanker word tot met ’n hoogte van 140 meter. Die gebruikers van die maste sluit in internetverskaffers, sekuriteitsmaatskappye vir hul CCTV-kameras, radiokommunikasie, selfoon netwerke en mobiele torings.

Kontak RTS vandag nog – hulle plaas jou veiligheid eerste.

Besoek die webwerf

Besoek RTS by Sakeliga KragDag 2019

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.