Pragnatuurfoto’s vang SA se natuurskoon vas

SANParke se jaarlikse fotokompetisie is ʼn hoogtepunt op talle fotograwe en natuurliefhebbers se kalenders.

Vanjaar se foto’s is nie net asemrowend nie, maar neem jou op reis na die uithoeke van die talle parke in Suid-Afrika.

Rowan Krull is uiteindelik as die algehele wenner van die 2019-kompetisie aangewys vir sy reeks foto’s wat die verhaal vertel van ʼn leeuwyfie se boomklimavontuur. Hierdie fotoreeks is vir die kategorie fotostories vir kompakte kameras en selfone ingeskryf.

Die fotograwe kon hulle foto’s in vier kategorieë met twee afdelings (DSLR-kameras of kompakte en selfoonkameras) ingeskryf het. Die vier kategorieë is:

  1. Fauna & Flora
  2. Landskappe
  3. Leefstyl
  4. Fotostories

Krull het twee nagte akkommodasie vir twee mense by ʼn nasionale park van sy keuse gewen. Die tweede prys is twee aande akkommodasie by die Golden Gate-hotel en chalets in die Golden Gate Hoogland Nasionale Park en die derde prys is ʼn Wild Card-lidmaatskap vir ʼn paartjie wat ʼn jaar lank geldig is. Die ander kategoriewenners ontvang elkeen ʼn aktiwiteitsgeskenkbewys van SANParke.

Hier volg die wenfoto’s:

Algehele wenner: Rowan Krull
Kategoriewenner: Kompak/selfoon – Fotostorie

Tweede plek: Maddison Lee Brinkley Kategorie: Kompak/selfoon – Landskappe

Derde plek: Elize Labuschagne
Kategoriewenner: DSLR – Fotostorie

Kategoriewenner: Benita Immelman
Kompak/selfoon – Fauna & Flora

Kategoriewenner: Amanda Walden
Kompak/selfoon – Leefstyl

Kategoriewenner: Charmaine Joubert
DSLR – Fauna & Flora

Kategoriewenner: Peter de Groot
DSLR – Landskappe

Kategoriewenner: Christine Lee
DSLR – Leefstyl

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gaitsigubib ·

Ai ek verlang my dood na die dae toe ek nog n kind was. Kool en diamantmyne het nou die landskap Noord van Louis Trichardt vir altyd verander. As die groenes hulle net agter die boere wou skaar was dit dalk nie te laat vir SA se natuur om behoue te bly nie. Saam kan n mens altyd n verskil maak.

Gaitsigubib ·

Ai ek verlang my dood na die dae toe ek nog n kind was. Kool en diamantmyne het nou die landskap Noord van Louis Trichardt vir altyd verander. As die groenes hulle net agter die boere wou skaar was dit dalk nie te laat vir SA se natuur om behoue te bly nie. Saam kan n mens altyd n verskil maak

Saartjie ·

Jy het my nou heeltemal deurmekaar, Gaitsigubib? Praat jy van koollanderye of van steenkool- en diamantmyne?

Lizzy ·

Pragtige fotos. Geluk aan almal. My wenner is d jakkalsie met d slang. Kan d skrik en verbasing op sy gevreetjie sien.

Sylvia ·

Ongelooflike mooi fotografie, almal is uitsonderlik en wenners, my wenner is die tweede plek: landskappe en die ketel op die vuur besig om te kook dat die stoom so staan, pragtig

Adel ·

Ai ons het darem maar so mooi land met al ons wilde diere, berge en natuurskoon………..

Anoniem ·

Ek het vir ‘n oomblik gedink Fauna en Flora verwys na 2 Sanparke inspekteurs.

Penellope Jones ·

Wow, pragtige foto’s, elkeen op sy eie en unieke manier.

Z ·

Pragtig!!!
Waar is die foto van Peter de Groot geneem? Ek neem aan dat dit in die Drakensberge kan wees, maar meer spesifiek… asb.

MH ·

Pragtig! Maroela Media kan gerus nog ‘n klompie foto’s plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.