Robotte ‘sterf’ wat Fukushima moes skoonmaak

Fukushima, twee jaar ná die ramp in 2011 Foto: IAEA Imagebank/Flick CC BY-SA 2.0

Fukushima, twee jaar ná die ramp in 2011 Foto: IAEA Imagebank/Flick CC BY-SA 2.0

Die robotte wat gestuur is om opruimingswerk te doen by die Fukushima-kernkragsentrale het nie teruggekeer nie, omdat radiasievlakke in die aanleg te sterk was vir hul stroombaanborde.

Die skoonmaakproses duur al bykans vyf jaar lank voort ná ʼn tsoenami die kernkragsentrale op 11 Maart 2011 getref en drie ineenstortings veroorsaak het. Die hoë vlakke van radiasie beteken dat dit onmoontlik is vir mense om dele van die aanleg te besoek wat die radioaktiewe materiaal bevat.

Tepco en Toshiba het ʼn reeks robotte ontwerp wat onderwater in die aanleg se beskadigde afkoelingsbaddens bedryf kon word om die radioaktiewe kernkergpype te verwyder.

Vyf van die doelgemaakte robotte is in die aanleg ingestuur, maar nie een het al teruggekeer nie. Sodra hulle te na aan die reaktor kom, word hul bedrading vernietig weens die hoë vlakke van radioaktiwiteit en hulle kon nie verder beweeg nie.

Naohiro Masuda van Tepco het in ʼn onderhoud met Reuters gesê dit neem ongeveer twee jaar lank om ʼn enkelfunksierobot te ontwikkel. “Dis baie moeilik om toegang te kry tot die binnekant van die kernkragaanleg,” het hy gesê. “Die grootste hindernis is die radiasie.”

Lees meer: Science.com, Daily Mail, Treehugger.com, Mirror
Lees ook: How robots are becoming critical players in nuclear disaster cleanup

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

tamboti ·

‘n Ramp kan enige tyd en plek plaasvind, geen kernkrag aanleg van ekonomiese grootte is dus “veilig” gewaarborg nie! Beperk kernkrag tot kleiner en noodsaaklike aanwendings. PUNT
Dieselfde geld vir skaliegas, ontgin aardgas waar dit natuurlik voor kom. Daar is reeds werkbare alternatiewe wat skoner is en in die langtermyn goedkoper gaan wees.
VERGEET VAN KERNKRAG en nog meer steenkool sentrales!!

SkarrelKind ·

Sonpanele is die antwoord. Dis groener en veiliger. Kyk hoe goed lyk die aanleg in die Noord-Kaap. Ek hoop dit sal super suksesvol wees.

Steve Bunton ·

Daar is groot vooruitgang met sonkrag ontwikkeling, en die mense voorspel dat daar wêreldwyd net sonkrag gebruik gaan word, teen ‘n fraksie van die huidige kostes.

Anoniem ·

Wens ek kan staak oor mys salaris…..nee ek is maar tevrede om elke dag n stukkie brood op die tafel te he!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jan ·

Ek is geen taal kenner, maar is “radiasievlakke” nie ‘n anglisisme nie? Klink nie reg! Eerder bestralingsvlakke?

Piet Snot ·

Moet sê Jan, die berig lees moeilik weens al die “radiasie”.
Bestraling klink veel beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.