Skare keer hul rug op Clinton… vir ʼn selfie

Hillary Clinton en die skare tydens die groepselfie Foto: Barbara Kinney, Clinton se amptelike veldtogfotograaf

Hillary Clinton en die skare tydens die groepselfie Foto: Barbara Kinney, Clinton se amptelike veldtogfotograaf

ʼn Bisarre foto van ʼn skare wat lyk of hulle hul rug keer op Hillary Clinton, presidentskandidaat in Amerika, word wyd op sosiale media versprei.

Dit lyk aanvanklik of die skare meer geïnteresseerd is in iemand wat aan die oorkant van die vertrek staan, en dit blyk of Clinton self ook vir dié vreemdeling waai, tot jy besef dis eintlik ʼn teken van die selfie-kultuur.

Die foto is op 21 September tydens ʼn verkiesingsveldtog in Orlando geneem. Clinton het ingestap en die groep van 500 mense in die vertrek gegroet en daarna ʼn groepselfie voorgestel.

Barbara Kinney, Clinton se amptelike veldtogfotograaf, het die foto geneem en Victor Ng het dit op Twitter gedeel.

Outeur Steve Silberman het in reaksie op Ng se plasing reageer en verwys na dié foto wat in Junie 1966 deur James P Blair vir National Geographic in Londen geneem is. Vroue het hul handspieëltjies gebruik om die koningin te kon sien:

Vroue gebruik hul handspieëltjies om die koningin te kan sien (Junie 1966, Londen) Foto: James P Blair, National Geographic

Vroue gebruik hul handspieëltjies om die koningin te kan sien (Junie 1966, Londen) Foto: James P Blair, National Geographic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.