Snapchat nou groter as Twitter

Argieffoto

Argieffoto

Snapchat is nou meer gewild as Twitter wanneer die daaglikse aktiewe gebruikers in ag geneem word.

Dié vier jaar oue sosialemediaplatform, wat veral onder tieners en jongmense gewild is, spog nou met 150 miljoen aktiewe daaglikse besoekers, het persone, wat anoniem wou bly omdat hulle nie gemagtig is om statistiek bekend te maak nie, laat blyk.

Twitter, wat in 2006 begin het, het daagliks 140 miljoen aktiewe gebruikers, volgens ʼn gemiddeld van analiste se beramings.

Twitter was in ʼn stadium, naas Facebook, die grootste sosialemedianetwerk. Facebook se ander apps, waaronder Instagram, Messenger en WhatsApp, het dit egter intussen verbygesteek.

Twitter het 310 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers.

Snapchat het van kommunikasie ʼn speletjie gemaak waar jy prettige selfies en kort video’s kan publiseer. Die platform maak gereeld nuwe fotomanipulasie-funksionaliteit beskikbaar waar jy jouself in ʼn hondjie kan verander, reënboë kan spoeg of selfs met ʼn blommekrans kan spog. Jy kan ook gesigte “ruil” met ʼn vriend.

Snapchat se inhoud is slegs van korte duur en die nuusinhoud en “regstreekse stories” verdwyn binne 24 uur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.